Byeboer

 

Byeboer

Posted by VLV in Kraaifontein 11 Jun 2015

Sirkel:  Tygerberg:

Tak: Kraaifontein

Portefeulje:  Landbou

Beriggewer:  Ita van der Merwe

Datum:  11 Junie 2015

 

 

Bossie en Coenie by Kiste (Custom)

Sprekers: mnre Bossie Boshoff en Coenie Louwrens.

 

Byeboerdery is vir hulle slegs ‘n stokperdjie, dit is te klein vir ‘n winsgewende bedryf. Bye is net aggressief as hulle hul korwe moet beskerm, maar sal net by hoë uitsondering aanvallend steek. Bye wat op ongewenste plekke nesmaak, kan deur ‘n byevanger verwyder word. Hulle dra beskermende klere (sien foto) en ‘n rookmasjientjie om die bye te kalmeer.

 

Bossie met beskermende klere (Custom)

 

Byekorwe is houtkaste met horisontale rakkies. ‘n Rakkie bestaan uit ‘n houtraampie met ‘n stukkie was en 2 – 3 wat as basis dien waaraan die bye dan die korwe kan heg. Die wasselle word van bo af skuins na onder gevorm om te verhoed dat heuning uitloop.  Elke heuningnes het ‘n koningin wat ongeveer 10,000 eiers per dag lê .  Haar leeftyd is 4 maande, maar as sy hard werk, net 6 weke. Die bruin kolle in die was is waar die jongbye is.

 

Byekiste vir korwe (Custom)

 

Rakkies word in masjien geplaas om heuning uit te swaai in ‘n drom. Die heuning staan vir ‘n week, tot al die onsuiwerhede bo dryf en word dan afgeskep. Die was wat op rakkies agterbly, word skoon gekam met staalkam en weer gebruik, die res van die was word saam gesmelt en gehou tot hul genoeg het in ruil vir wasvelle. Dit gaan na Honeyfoundation waar dit met masjiene tot wasvelle verwerk word. Die wasvelle word dan in 4 – 5 cm stroke gesny om aan die raampies te heg.

 

Heuning het die afgelope tyd baie minder geword as gevolg van Bloekombome wat vernietig word, vandalisme en natuurlik wilde diere, veral ratels. Heuning het medisinale waarde en dien as natuurlike antibiotika. Smeer heuning aan ‘n bysteek om brand uit te trek. Moenie die angel probeer uittrek nie, want die angel het weerhakies en dan skeur die gifsakkie saam met die angel uit die by se agterlyf. Hieronder is ‘n goeie resep vir ‘n hoesstroop.

 

Hoesstroop:

100 ml Heuning

25 ml Asyn

25 ml Kookwater

15 ml Borsdruppels

2 ml Pepermentdruppels

5ml Turlington

Gooi in glasflessie en skud deeglik voor elke gebruik

Post a comment

six + twelve =