Burgemeester en Polisie besoek Willowmore

 

Burgemeester en Polisie besoek Willowmore

Posted by VLV in Willowmore Tak 24 Mar 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Willowmore

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Anneke Lötter

Datum:  24 Maart 2015

 

Die burgemeester van die plaaslike Baviaans Munisipaliteit, Mnr. Ewald Loock, gee die lede meer inligting oor die moontlike samesmelting met Camdeboo Munisipaliteit.  Hy het die voor- en nadele aan die lede verduidelik en ook die opsies wat die Munisipaliteit kan uitoefen.  Baie interessante statistiek en feite rakende Baviaans Munisipaliteit is gegee, asook projekte wat in die komende jaar aandag sal geniet.  Hy moedig lede aan om positief betrokke te raak by die advertensie en bemarking van die dorp.  Baviaans Munisipaliteit word gereken as een van die top 10 toerisme bestemmings in die land.

 

willowmore (Custom)

Kolonel Thys Nolte, Anneke Lötter, Ewald Loock

 

Kolonel Thys Nolte van die plaaslike SAPD lewer ‘n misdaadverslag en verduidelik hoe die polisiestasie te werk gaan.  Hulle word ook aan bande gelê en het soms slegs twee voertuie tot hul beskikking. Hy nooi lede uit om hom persoonlik van ongerymdhede in te lig. Hy vra ook dat lede die publiek sal aanmoedig om die polisie te ondersteun en nie onnodig beledigend en neerhalend sal wees nie. Hy moedig ook boere aan om hul vee te tatoeëer, aangesien dit die oplos van veediefstal vergemaklik.

 

willowmore1 (Custom)

 

Daar was ‘n pragtige uitstalling van foto’s van Willowmore ongeveer 100 jaar gelede en ou Raadslede.  Van hulle is bekendes wie se nageslag nou nog in Willowmore is, asook  van lede se familie.

 

willowmore2 (Custom)

Hermie Baartman , Jackie Barnardt, Linette Botha

 

Trofees word uitgedeel wat verower is tydens Konferensie te Steytlerville.  Hermie Baartman ontvang Trofee vir Potloodskets, Jackie Barnardt ontvang Trofee namens Willowmore vir meeste punte in totaal vir Gebak, Gebottel en Lekkers.  Linette Botha ontvang Trofee vir Gebottel.

 

 

 

Post a comment

one × 4 =