Bundel Kersspele

 

Bundel Kersspele

Posted by VLV in Announcements, Bestellings 17 Jun 2012

13 KERSSPELE vir kinders 8 tot 10 jaar

  • Bestellings, saam met die betalings, moet voor 31 Julie by die VLVK-kantoor wees. Verwysing vir betaling: Kersspel + (jou) naam en van. Koste per eksemplaar: R120
  • Slegs vooraf bestellings met betalings sal by Kongres afgehaal kan word.
  • Voorraad na Kongres sal slegs op bestelling met betaling deur die Hoofkantoor laat druk word. Koste per eksemplaar: R120 plus R28 posgeld.

 

Van die samestellers:


Die Kersverhaal bly een van die kernverhale in die geskiedenis en die tradisies van ons land.  Die herinneringe aan Kersvakansies en Oupa en Ouma wat ons kinders se wêreld inkleur met stories en geskenke bly ons by!
Hierdie bundel Kersspele is die 13 wenners van ‘n kompetisie uitgeskryf deur die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland as ‘n poging om die verhale op te teken en nuwes te skep vir geslagte wat na ons kom.  Mag die verhale in hierdie bundel vir ouers, kinders en kleinkinders dieselfde vreugde verskaf as vir die skrywers en samestellers.

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland hoop dat hierdie Kersspelbundel ‘n plekkie in die feesvieringe van Kersfees sal kry.

Irma Davel, VLVK-saamroeper: Kunste en Handvlyt
Erika Lubbe, VLVK-president
Junie 2012

Post a comment

one × one =