Buchu-olie

 

Buchu-olie

Posted by VLV in Citrusdal Tak 24 Jun 2015

Sirkel:  Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje:      Gesondheid

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum:      24 Junie 2015

 

 

Junie-maand se tema is Gesondheid.  Astrid Basson, sameroeper van Gesondheid, open vir die dames.  “Verskuif jou grense vir God.  Reik uit na mense rondom jou, begin by familie en vriende.”

 

 

Lindsay Chicken (Custom)

 

 

Lindsay Chicken van S. Chicken Naturals is die vergadering se gasspreker.  Chicken Naturals handel in buchu-olie. Lindsay is die 4de geslag wat in die besigheid is. Hul koop hul buchu aan vanaf die Paarl tot by Algerië.

 

 

In die 1920’s het haar oupagrootjie huide en velle uitgevoer.  Hy het agtergekom dat daar ‘n vraag na buchu is oorsee.  Hy het Citrusdal toe gekom, buchu-blare gekoop en dit dan uitgevoer Engeland en Amerika toe.  Oorsee het hul buchu-olie van die blare gemaak.  Haar pa het in die 1970’s begin om buchu-olie self te maak en dit dan uitgevoer.

 

 

Kamphor kom in buchu voor en is goed vir die niere en lewer.  Berg-buchu se kwaliteit in kamphor is baie hoër as in buchu op lande.  Om berg-buchu te oes is baie harde werk.  Daar moet tot bo in die berge gestap word, buchu-kolle moet gesoek word, buchu word dan gesny en dan moet die sakke buchu afgedra word.   Om olie te maak word die buchu-blare in ‘stainless steel’ potte ingetrap, ‘n deksel word opgesit en stoom word gebruik om die olie uit te haal.  As die stoom afgekoel het, sit dit in water om en die olie gaan lê dan bo-op omdat dit ligter is as die water.  Die uitgeskeide olie word dan Kaapstad toe geneem en daar verder skoongemaak.  Die olie word getoets en dan word olies van verskillende streke gemeng volgens kliënte se voorkeure.   Vir 1 liter buchu-olie word 100kg buchu-blare benodig.  Daar is baie gebruike vir buchu, soos bv. buchu-room (wat antisepties en antiflammatories is en geskik is vir rumatiek, uitslag en ekseem), buchu-water en geurmiddels wat gebruik word in bessie joghurt.

 

 

vlnr Annette Neethling, Astrid Basson, Lindsay Chicken en Minette du Toit (Custom)

 

 

Minette du Toit, Landbou & Tuinbou sameroeper, se 5-minute praatjie is oor varings.  Die varing het die toets van die tyd deurstaan en pryk vandag nie net in tropiese tuine nie, maar ook as tuin- en huisplant.

 

 

Post a comment

thirteen − 12 =