Brood soos net die Italianers kan

 

Brood soos net die Italianers kan

Posted by VLV in Prieska Tak 11 Mar 2015

Sirkel:  Noordwes Kaap

Tak:  Prieska

Beriggewer:  Erika lubbe

Datum:  11 Maart 2015

 

Chrisna Coetzee het VLV Prieska se Maartvergadering geopen met Skriflesing uit Spreuke 17:22  en ‘n gebed. Sy lig dit toe met Andries Enslin se skrywe dat jou karakter bepaal word deur o.a. twee aspekte, naamlik jou geduld wat jy aan die dag lê wanneer jy min het en jou gesindheid wat jy openbaar wanneer jy genoeg het.

 

Samantha Groenewald het die lede geprikkel met vrae rakende VLV-kompetisies. Wie anders as Anel Liebenberg, die ywerige, jong Konferensie-bakker, was die wenner?

 

prieska2 (Custom)

Voor: Saamroeper van Openbare Sake en spreker, Nadia Muller Agter: Gasvrou, Ansie Loock

 
Openbare Sakesaamroeper, Nadia Muller, het ‘n interessante vergadering aangebied met behulp van ‘n PowerPoint-aanbieding. Die onderwerp van haar praatjie was: Passievol oor die alledaagse met die fokus op toerisme. Haar inspirasie was die Italianers se passievolle kultuur veral as dit by brood kom. Sy het vir elke lid die heerlikste Focaccia, eiehandig gebak en keurig verpak in ‘n bruinpapier kardoessak, met resep en al, gegee. Die lede het omtrent weggelê aan hierdie tipiese Italiaanse brood, holtes gedruk met die vingerpunte en ‘n bolaag van growwe sout en roosmaryn.

 

 

prieska1 (Custom)

Die lede luister aandagtig: Van links: Esme du Toit, Voorsitter van VLV Marydale, Cecilia Jacobs, Theresa Swart, Karen Greyling (Tesourier) en Landi de Beer, Visevoorsitter

 
Cecilia Jacobs het die lede aangemoedig om gebruik te maak van die nuwe mobiele haarkapper op Prieska wat tans op versoek tuis of by die ouetehuis diens lewer.

 

 

prieska (Custom)

Marazaan van Jaarsveld het foto’s gewys oor hoe vetplantjies interessant in hangmandjies geplant kan word.

 
Erika Lubbe het verslag gelewer oor Sirkel Noordwes-Kaap se baie suksesvolle Konferensie wat op 10 en 11 Maart op die pragtige trouvenue, Bazalel-landgoed van Mieke Bezuidenhout en Voorsitter van VLV Oranjevallei, aangebied is. Sy vertel ook hoe die Messias van die komponis, George Frederick Handel, wat toe hy baie depressief en op die rand van bankrotskap was deur die inspirasie, ondersteuning en aanmoediging van sy vriend geskep is. Die Messias word beskou as ‘n meesterstuk. Sy speel ‘n gedeelte daarvan voor.

prieska3 (Custom)

Voorsitter, Corrie Liebenberg

  • Louise van Vuuren April 20, 2015 at 12:15 pm / Reply

    dis lekker om te sien my jonge marazaan vriendin is so betrokke by haar tak daar in die verre prieska. groetnis uit die ooskaap.

Post a comment

six − 2 =