Britstown word Coffee Wise

 

Britstown word Coffee Wise

Posted by VLV in Britstown Tak, News 15 Feb 2018

Sirkel: Noord–Karoo

Tak: Britstown

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Michelle Janse van Rensburg

Datum: 14 Februarie 2018

 

Britstown spog met sy eie “Glam Guru “, JJ van JJ Hairstudio en eie Barista, Talitha Pringle van Old Mill Coffee Shop.  Tydens ons stampvol Valentynse Leefstyl-program het hierdie twee kundiges ons “Hair Wise en Coffee Wise” kom maak.

 

Die gehoor het gesnak na hul asem toe JJ die “make-over” model se hare in sy hand neem en kort sny met een stewige knip.  Die langhaar nooi is omgetower na ‘n korthaar, modieuse en stylvolle Diva.  Hy het ook gesels oor die belangrikheid van goeie haarprodukte om ‘n goeie haarstyl te onderhou, en die funksies van die verskillende produkte. Demonstrasies het ingesluit hoe om met ‘n GHD  krulle te maak, hoe om Velcro Haarrollers te gebruik vir volume, en hoe om kleur en styl te kies wat by jou gesigsvorm en velkleur pas.

 

Talitha Pringle se  koffiewinkel is onlangs aangewys as die tweede beste  in die Noord-Kaap.  Daar is  3 verskillende bone waarvan koffie gemaak word.  Die “Robusta” bone, wat hoog in kafeïen is,  word gebruik om die kitskoffies te maak.  Die ”Arabica” bone word gemaal om  filterkoffies te maak.  Ons het ook geleer wat al die koffie woorde beteken – Expresso, Americano, Lattes en Flat White. Haar uitstalling  het koffie bone, gemaalde koffie, koffie potte en nog baie meer ingesluit.

 

 

Post a comment