Britstown op Antarktiese Ekspedisie

 

Britstown op Antarktiese Ekspedisie

Posted by VLV in Britstown Tak, News 20 May 2011

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

 

Op die 11 Mei het Danie Ferreira, weerkundige van De Aar, ons tak ‘n kykie gegee in sy onlangse ekspedisie van 3 maande na Antarktika, as deel van die SA Nasionale Antarktiese Program (SANAP). Dit was sy derde besoek aan hierdie koue wêreld as deel van die weerkundige span van SANAP.

 

SA beheer basisse op Antarktika, sowel as die Marion en Gough Eilande. Marion en Gough Eilande beheer hoofsaaklik meteorologiese programme.

 

Voor sy vertrek moes Danie eers aan mediese en sielkundige vereistes voldoen. Hy moes ook oor tegniese en wetenskaplike vaardighede beskik om deel uit te maak van die wetenskaplike uitstappie. Na ongeveer 24 dae op see kon hul voet aan wal sit. Geen afvalmateriaal mag agterbly nie – alles moet weer terug SA toe verskeep word. Tydens hierdie 3 maande word die permanente span vervang met nuwes wat eers opgelei moet word, wetenskaplike toetse en data word verwerk, herstelwerk gedoen, ens.

 

Kommunikasie met die buitewêreld is minimaal en duur. Slegs ‘n e-pos kan vanaf ‘n sentrale beheerkamer gestuur word. Telefoon oproepe word net in noodgevalle gedoen.

SA Agulhas

Sanae-basis

Post a comment

8 + 6 =