Britstown luister!

 

Britstown luister!

Posted by VLV in Britstown Tak, News 15 Mar 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Britstown

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: M JvRensburg

Datum: 12 Maart 2013

 

Betowerende melodieë – kos vir die siel – vlerke vir drome – ‘n oomblik om weggevoer te word. Ds. Franno van De Aar se Musiekwaarderingsgroep het vir ons kom wys hoe maklik dit eintlik is om ‘n geleentheid te skep om na goeie musiek te luister.

‘n Behoefte om na musiek in ‘n verskeidenheid gedaantes te luister, was die begin van hierdie groep wat elke maand bymekaarkom by Sonder Sorge Tehuis op De Aar. ‘n Program vir die jaar is reeds opgestel en hier is ‘n geleentheid om te luister en te leer. Jy leer kunstenaars en hul musiek ken wat jy dalk nooit voorheen na sou geluister het nie. Jy leer om na nuwe klanke en na  nuwe instrumente te luister en dit boonop alles op jou voorstoep.

Ons VLV het besluit op Rod Stewart, Celine Dion en Andrea Bocelli.  Met behulp van ons nuwe klankstelsel en dataprojektor kon ons, ons eie konsert beleef in ons eie dorpie Britstown. Ds. Franno het uittreksels uit DVD’s aan ons vertoon van die verskillende kunstenaars. Rod Stewart het ons eers vermaak met “Forever Young”, “They can’t take that away from me”, “The very thought of you” en “Rhythm of my heart”.

Volgende was die sjarmante Andrea Bocelli aan die beurt. Ons is meegevoer na Italië op die klanke van sy DVD – Live in Tuscany. Hier tree hy op met sy gaskunstenaars en ons luister na “A’TE” saam met Kenny G, Lang Lang, die pianis, lewer die uitstekende “Honeymoon Rhapsody”.  Hy sing “Canto Della Terra” saam met Sarah Brightman, “Dare to Live” saam met Laura Pausini en weer “Time to say goodbye” met Sarah Brightman.

Laaste aan die beurt was die immer gewilde Celine Dion se “A New day has come”, “The power of love”, “Because you love me”, “I’m alive”, “River Deep Mountain High” en “My Heart will go on”. Heerlik om na te luister.

Ons sluit af met ‘n uittreksel uit De Aar se vorige Musiekwaarderingsaand,  waar hulle die tema “Komedie in Musiek “ beleef het.  Hierdie stuk is ‘n parodie – dis ‘n grappige verwerking van die ernstige stuk “THE SWAN”. Skreeusnaaks – wie kon dink dat ernstige musiek só vermaaklik kan wees.

 

Baie dankie Ds. Franno – ons sal beslis met ‘n nuwe oor na musiek luister.

Post a comment

three − one =