Brackenfell sluit af

 

Brackenfell sluit af

Posted by VLV in Brackenfell Tak 06 Nov 2014

Sirkel:    Tygerberg

Tak:     Brackenfell

Beriggewer:   Lettie Van Wyk

Datum:   6 November 2014

 

 

Na ‘n baie suksesvolle jaar het Brackenfell-bestuur ‘n spogete aan die lede voorgesit ter afsluiting van ons aktiwiteite vir die jaar.   Wat die geleentheid so uniek gemaak het, is dat al 32 lede teenwoordig was, alhoewel een van ons lede net kom oë wys het en toe weer moes huistoe gaan omdat sy siek was.

 

 

b

 

 

Ons is vereer met die teenwoordigheid van ons Sirkel-President, Caro Ekermans.    Twee verteenwoordigers van die Brackenfell-tennisklub, wat die klubhuis goedgunstiglik aan ons beskikbaar stel, asook 2 voornemende nuwe lede was ook ons gaste.

 

 

b2

 

 

Ons het lekker saam gekuier en gesmul aan kamma-kreef as voorgereg, voortreflik deur Alet Mare gemaak.     Daarna het heerlike skaapboud en hoender, wat bedien is met wortel- aartappel- gestolde komkommer- en mengelslaai gevolg.   Riana Ellis se beroemde koekstruif het die spreekwoordelike kersie op die koek geplaas.

 

 

Lydia Brink se vriendin, Josephine, het selfs vir ons ‘n pragtige versierde koek gebak, wat ons geniet het net voordat ons ’dik vriende’ uitmekaar is.

 

 

Sheila Burger  het vir ons die kersboom versier waarlangs ons geskenkies vir ons geheime vriendinne geplaas het.   Dit was ‘n groot verrassing om uiteindelik te kon weet wie ons gedurende die jaar so lekker bederf het.

 

Die nuwe bestuur vir 2015 is:

 

 

b3

 

 

Agterste ry:   Elsebe Swart (Tesourier)  Lettie van Wyk (Webmeester)  Bettie Dockel (Landbou) Erica le Roux (Hulp-Sekretaris) Riana Ellis (Sekretaris) Alet Mare ( Leefstyl) Sheila Burger (Kunste- en Handvlyt) en Fanny le Roux (Openbare Sake)

Voor:   Bets van Biljon (Vise-Voorsitter) Elba van der Merwe (Voorsitter) Lydia Brink (Gesondheid) en Mollie Craven (Opvoeding en Kultuur)

Post a comment

18 − 16 =