Boomslim

 

Boomslim

Posted by VLV in News, Porterville Tak 04 Sep 2014

 

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  4 September 2014

 

 

porterville 3

Landbou en Tuinboukomitee: Alet Steenkamp, Mardene Kalis, Lena van der Merwe, Toelie Kalis, Milda Lambrechts, Ria du Bois.

 

 

Die lede van die Landbou en Tuinboukomitee dramatiseer bedrywighede op ʼn plaas terwyl Helene Immelman gepaste liedjies op die klavier speel.

 

 

porterville4

Willie Lacock, spreker

 

 

Mnr. Willie Lacock, jare lank verbonde aan die Bosboubedryf en kenner van bome, noem die belangrikste punte om in ag te neem by boomplanting:

  • Die regte boomkeuse – inheems/uitheems;  immergroen/bladwisselend;  naald-hout/loofhout en word dit geplant vir sy blomme/loof/geur.
  • Die doel waarvoor die boom aangeplant word – windbreker;  lanings;  vir skadu;  voerboom;  estetiese doeleindes (verfraaiing);  ekologiese rede (om voëltjies, diertjies en vlinders te lok);  heinings (afsper of veiligheid);  brandhout; kommersieel (bou- of meubelhout);  medisinaal;  kurk;  bonsai en gholfbaanuitleg.
  • Faktore wat boomgroei beïnvloed – grondtipe (die regte soort grond vir die spesifieke boom);  reënval;  temperatuur (hitte/koue/swartryp);  seisoenstreek;  klimaat (droog/vogtig);  topografie (hoog in die berg/onder in vlakte/langs rivierstroom) en siektes.
  • Grawe liewers ʼn wye gat eerder as ʼn diep gat – ʼn boom se wortels groei so wyd soos sy kroon.
  • Hou die temperatuur by die boom se wortels so egalig moontlik met die maak van ʼn grondkombers.
  • Genoegsame water – nie te veel water op ʼn slag, maar wel op ʼn gereelde basis.
  • Boomgroei is tydsaam – wees geduldig en geniet jou boom.

 

 

Hy toets lede se kennis van bome wat in ons dorp groei en die twee gelukkige wenners kry elkeen ʼn klein geelhoutboompie om in hul tuine te plant.

 

 

porterville

Alet Steenkamp plant ‘n boom namens VLV

 

 

Die Landbou en Tuinboukomitee, onder leiding van Alet Steenkamp, het ‘n wit ysterhout, ‘n

Laventel en ‘n geelhoutboom by die kerkterrein geplant.

 

 

Kokkie Albertyn, Gesondheidsaamroeper, gee inligting van die 10 top kossoorte vir krag en energie:  hawermout (Vit. B en oplosbare vesel);  lensies (oplosbare vesel);  kool(magnesium);  gewone joghurt (aminosure);  advokado’s (Vit. B6);  piesangs (potassium en fruktose);  salm (Vit B6 en omega 3);  water (breinselle bevat 80% water);  steak (yster) en eiers (Vit B12).

 

 

Die Tak spog ook met twee nuwe, jong lede.  Hulle het sommer met hul eerste vergade-

ring aan die kompetisies ook deelgeneem.

 

 

porterville 2

Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter, steek lidmaatskapkentekens aan vir Mariëtte Nieuwoudt en Susan Groenewald

 

 

 

 

 

Post a comment

4 × 2 =