Bonnievale VLV hou Ekspo

 

Bonnievale VLV hou Ekspo

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 22 Mar 2018

Sirkel: Worcester

Tak: Bonnievale

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur en Gesondheid

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 21 Maart 2018

 

‘n Eerste vir die Langebergstreek – ‘n Ouer en Kind Ekspo. Die doel van die Ekspo was om VLV aan die jonger geslag  bekend te stel, projekte waarmee die tak in die gemeenskap besig is, bekend te maak en ook om onder andere fondse in te samel vir die ouetehuis se doekefonds.

 

Dertig uitstallers het die saal volgemaak om hul produkte of dienste te bemark. Daar is egter ook lekker handelgedryf. Fotograwe,opvoedkundige materiaal, speelgoed, kinderklere, ‘n arbeidsterapeut en nog vele meer, het bygedra tot ‘n groot verskeidenheid vir die besoekers.

 

Geslaagd was die dag beslis en die resep gaan net bietjie verfyn en aangepas word vir 2019.

 

Christina Skinner, bekend vir haar verjaardagkoeke en partytjie bykomstighede, kry haar tafel reg.

 

 

 

Sonja Albertyn se stalletjie waar sy wenke en raad oor borsvoeding gee.

 

 

Slimkind Kleuter en Nasorg, spog met die kleuters se kunswerke en bemark ook ‘n aktiwiteitsboks.

 

 

Oom Anton se houtspeelgoed was onuitstaanbaar vir die jong mannetjies.

 

 

Post a comment

4 × five =