Bonnievale bespreek ‘n verskeidenheid onderwerpe

 

Bonnievale bespreek ‘n verskeidenheid onderwerpe

Posted by VLV in Bonnievale Tak, News 13 Apr 2018

Sirkel: Worcester

Tak: Bonnievale

Portefeulje: Kunste&Handvlyt, Openbare Sake en Gesondheid

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 12 April 2018

 

Rene Mouton en Eunice Pieterse  demonstreer decopage in ‘n multi media styl. Eunice wys foto’s van  Nikan Mabusa se tuin naby Baberton. Nikan woon waar dit bergagtig is en sy nie eintlik kan tuinmaak. Om skoonheid rondom haar te ervaar, het sy die groot rotse rondom haar huis versier met pragtige etniese patrone.

 

Eunice Pieterse (links) en Rene Mouton demonstreer decopage.

 

Gesina de Wet wys voorbeelde van hoe oumas kleinkinders op ‘n kunstige manier kan besig hou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Projekte vir oumas om kleinkinders besig te hou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elsie Erasmus van DEBTEEEZE (reg gespel), op Robertson, vertel wat skuldberading is en die proses wat die berader met die persoon met skuld deurgaan. Skuldberading bring finansieële gemoedsrus en ook geld in die persoon se sak.

 

 

Elsie Erasmus, skuldberader van DEBTEEEZE aan die woord.

 

 

 

 

 

 

 

 

Sonja Albertyn vertel van die watergeboorte van haar kleinkind. Sy vertel hoe die proses werk en hoe die vroedvrou te werk gaan tydens ‘n watergeboorte by die moeder se huis.

 

Sonja Albertyn wys gedeeltes van die watergeboorte.

 

Gesina de Wet lees ‘n artikel uit “Die Burger” voor oor Suid-Afrikaners gee en help graag. Die “World Giving Index 2017” het inligting in 139 lande ingesamel en die drie aspekte is, om vreemdelinge te help,om geld te skenk vir liefdadigheid of om jou tyd op te offer vir ‘n organisasie. Suid-Afrika pronk in die 24ste plek. Bonnievale VLV is ‘n “gee” tak en skenk R2000.00, wat tydens die Ouer en Kind Ekspo ingesamel is, aan Herfsvreugde se Doekefonds

 

Brenda Elstadt (links), bestuurder van Herfsvreugde, ontvang die R2000.00 van Gesina de Wet

 

 

 

Post a comment

three × 2 =