Boksies vir Buksies

 

Boksies vir Buksies

Posted by VLV in Kuilsrivier Tak, News 28 Jun 2019

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  26 Junie 2019

 

Boksies vir Buksies vir Badisa speelskole in Kuilsrivier:

 

Op Woensdag, 26 Junie 2019 het VLV Kuilsrivier 7 ‘Boksies vir Buksies’ aan Badisa Kuilsrivier oorhandig vir hul speelskoolprojek.  Me Tarren-Lee Meintjies en haar 6 dagsorgkinders, Shinay, Caitlin, Dakota, Nazeem, Durin en Dillan het een van die houers by Badisa se kantoor kom ontvang.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tannies het elkeen ‘n pragtige roos ontvang en die verslaggewer het ‘n pragtige artikel in die Tygerburger geplaas.

 

 

 

 

 

 

Vlnr:  Mariëtte Krige, Gerda v.d. Westhuysen, Elmine Möller (Voorsitter), Marlene Lotz, Tarren-Lee Meintjies, Jevon Barry (Maatskaplike werker), Elmarie Hörstmann en Carien Pretorius

 

Die ‘Boksies vir Buksies’, VLV Kuilsrivier se projek vir 2018/2019, is saamgestel uit opvoedkundige speelgoed uit herwinde artikels en skenkings.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rygers en tellers is van plastiek botteldoppies gemaak; Boublokkies van afvalhout en geverfde karondosies en buise; Aktiwiteietsboeke en inkleurboeke van tydskrifartikels en herwinde inkleurboeke.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Boontjiesakkies; Tuisgemaakte swartborde; Tuisgemaakte speeldeeg en vingerverf; Geskenkte storieboekies; Kryt, skêre en gom; Musiekinstrumente van leë houers.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was ‘n wonderlike projek om aan te werk en die dames het lekker saamgewerk om die speelgoed uit herwinde materiaal te maak.  Op hierdie manier is rommel wat op die vuilgoedhope sou beland, verwerk in opvoedkundige artikels, wat meehelp om ons kinders en speelskoolmammas, wat nie kan bekostig om al die artikels wat hulle nodig het, self aan te koop nie, by te staan.  Resepte om speelklei en vingerverf te maak is in die boksies geplaas sodat daar weer klei en verf gemaak kan word.

 

Baie dankie VLV Kuilsrivier en mnr. Jovan Barry, Maatskaplike werker belas met kinderopvoeding, van Badisa Kuilsrivier vir julle wonderlike werk.

 

Ons glo die kinders gaan die boksies baie geniet en leersaam vind.

 

Post a comment