Binnenshuisversiering maak van jou huis ‘n hartsplek

 

Binnenshuisversiering maak van jou huis ‘n hartsplek

Posted by VLV in News, Porterville Tak 09 May 2019

 

Sirkel:  Weskus

Tak: Porterville

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@telkomsa.net

Datum:  2 Mei 2019

 

 

Jou huis moet jou persoonlikheid weerspieël.  Daar is ‘n verskil tussen mooimaak en mooi maak.  Maak jou huis ‘n tuiste.

 

 

Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter), Landi Siebritz (spreker) en Lydia Liebenberg (saamroeper)

 

  • Besoekers moet ewe tuis wees as die inwoners.  “Beauty is in the eye of the beholder.” Hoe dit lyk vir die mense en die hartlikheid van jou woning moet opgeweeg word teen mooi meubels.
  • ‘n Vreemdeling moet sonder veel woorde kan sien wie jy/julle is deur jou huis se inhoud:  foto’s, belangstellings, reise, kosbaarhede, wat belangrik is en smaak.
  • Oos, wes, tuis bes word weerspieël deur almal in die huis se gunstelinge ten toon te stel.

Beplanning vooraf is baie belangrik.  Waar begin jy?

  • Wat pla? (spasie, sitplek, slaapplek, te oud, niks pas nie).
  • Hoekom wil jy verander? (wees eerlik, dit is die hart van die projek: aftree, sterfte, geboorte, kinders uit die huis, verhuis, afskaal/opgradeer, skaam/kwaad, struktureel, mode, the Jones’s, wou al lankal)
  • Wat kan ek? (bepaal finansies, tyd tot beskikking, die regte tyd, hulp)
  • Wat het ek? (meublement, kennis, talente, kontrakte, stoorgoed)
  • Hoe gaan ek dit doen? (uitgooi, mooimaak, verkoop (herdefinieer sentiment hier), selfdoen, iemand kry om dit te doen, alles in een of een op ‘n slag).

Hoe besluit ek?

  • Wat is my smaak? (styl van meubels, tipes, teksture, ontwerpe en styl, gunsteling kleure (pasop vir modegier), behou jou smaak, maar neem ook gesinslede in ag).
  • Maak die verfkleurskema vas (nie noodwendig met dit wat jy reeds in die huis het nie).
  • Maak minder en skuif reg. (ruil vertrekke, ruil meublement, skuif dekor vir ‘n ander funksie, oppas vir erfgoed, kry ‘n tweede opinie, verwyder dit waarsonder jy kan klaarkom).
  • Maak ‘n lys (van belangrik na minder belangrik, kort- en langtermyn, wat kan verander, wat is nodig, wat sal “lekker” wees om te hê, doen navorsing, gebruik hulp).
  • Spring weg (van uitstel kom afstel, as daai bank uiteindelik weg is dryf die tekort aan sitplek jou tot aksie, wees oop vir verrassings en die onvoorsiene – onthou dit:  dis jou tuiste net soveel soos dit ‘n projek is, gebeure in die lewe kan jou  briek, wees aanpasbaar, moenie dat dit jou moed breek nie).
  • Wees wys en gee jou lys as iemand iets vir jou wil gee.
  • Doen goeie navorsing.

Iets om te onthou

  • Vul jou lewenspad met vreugde (Ps 16: 11)
  • Jou prioriteit moenie aardse skatte of kos en klere wees nie (Matt 6:19-21)

 

 

 

 

 

 

Pitkos:    Mary-Ann van Schalkwyk demonstreer bruikbare artikels wat gemaak is van plastiekbottels om die tema: Plastiek, ons vyand in te skerp by lede, onder ander om ‘n plastieksakkie se inhoud te verseël met ‘n gedeelte van die bottel en die proppie, gordynwegbinders, masker vir haarsproei, vuurhoutjiehouer, ‘n suikerskoppie, vrugteplukker, beskerming vir kosspatsels op klere wanneer kos geroer word en ‘n besem.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Drie nuwe lede sluit aan:  Ronel Bakker, Anna-Marie Visser en Wilmarie Myburgh.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment