Bid asseblief vir ons boere en die geïntimideerde plaaswerkers!

 

Bid asseblief vir ons boere en die geïntimideerde plaaswerkers!

Posted by VLV in Announcements, From the Office 15 Nov 2012

As vennote van georganiseerde landbou in Kaapland is die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ontsteld en diep besorg oor die geweld wat in ons landbougemeenskappe aangeblaas word deur politieke opportuniste wat geen belang het by die welsyn van die mense nie.

 

Al voel dit of ons hande afgekap is om fisiese steun te verleen, kan ons as gelowige vroue by ons Hemelse Vader intree vir ons landbouleiers, ons boere op die plase en hul vroue en lojale werkers. 

 

Hermien van Zyl, VLVK sameroeper Landbou & Tuinbou, versoek dat VLVK-lede met erns elke oggend om 07:00 en elke aand om 21:00 sal bid vir Goddelike leiding, kalmte wat alle verstand te bowe gaan en vrede op die plase. Kom ons bid dat ons landbouleiers met wysheid en waardigheid die situasie sal bestuur tot voordeel van die landboubedryf.

 

Kom ons begin vandag! As 5000 VLV-vroue bid sal dit ‘n golf van gebedskrag wees.

Post a comment

3 + fifteen =