Bewaar oorskietkos veilig

 

Bewaar oorskietkos veilig

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 20 Sep 2017

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 19 September 2017

 

 

Aanbieder: Eurika Byleveld

 

Petie Pretorius het Vryburg VLV besoek en wenke verskaf hoe om die huishoudelike begroting te laat klop. Kos wat na etes oorbly, kan doeltreffend bevries en met bietjie verbeelding weer in ander geregte gebruik word. Alle geregte moet afkoel tot kamertemperatuur voor bevriesing en in die yskas ontdooi word.

 

Petie het opleiding in hotelbestuur in Manchester gehad en was verstom oor die daaglikse vermorsing van kos in hotelle se restaurante. Vleisaftreksel kan in ysbakkies of ‘zip lock’ sakkies gevries word.

 

Indien avokado’s volop is, kan dit met 5 ml suurlemoensap verpulp en bevries word. Gebruik later saam met oorskiet snoek, roomkaas en gekapte hardgekookte eiers met ‘n beskuitjiekors. Bevries macaroni en kaas en sit voor met ‘n  nuwe sous. Maalvleis kan in bobotie omtower word. ‘n Aartappelgereg kan met room en mielies in sop gebruik word.

 

Petie gebruik ‘n ou geruite hemp of geblomde bloes om fraai servette te maak.

 

Eurika Byleveld en Petie Pretorius

 

Marietjie Pretorius het tydens die VLVK kongres tweede plek vir borduurwerk en vyfde plek vir masjienwerk behaal. Esta Twigge, voorsitter, oorhandig die trofee aan haar.

 

 

 

 

Post a comment

2 × four =