Bewaar ons seelewe

 

Bewaar ons seelewe

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 28 Aug 2019

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum Van Vergadering: 27 Augustus 2019

 

Klein-Brakrivier VLV leer oor bewaring van ons seediere

 

Klein-Brakrivier VLV Openbare Sake Sameroeper, Elrina van Zyl, se passievolle gaste vir die Augustus byeenkoms was Janene Perreira van S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team); en Carol Walton en haar span van SAPREC (Seevoël en Pikkewyne Rehabilitasie Sentrum).

 

           

 

Carol, wat al 20 jaar hier werksaam is, het  ʼn insiggewende skyfievertoning en praatjie gelewer. SAPREC is  ʼn nie-winsgewende organisasie wat in 2005 gestig is om beseerde seevoëls en pikkewyne te behandel langs die kuslyn vanaf Stilbaai tot in Plettenbergbaai. Vissermanne se lyn en hoeke is ʼn ernstige probleem omdat dit deur ʼn veearts teen groot onkostes verwyder moet word. Die Afrika Pikkewyn is reeds op die bedreigde spesie lys.

 

 

 

Janene van S.M.A.R.T  het ook met ʼn belangrike skyfievertoning lede en gaste ingelig oor die tempo waarteen ons strande – wetend of onwetend – besoedel en vernietig word. Volgens ʼn studie wat S.M.A.R.T tydens ʼn kus skoonmaak projek gedoen het, is die items wat die grootste besoedeling in die Mosselbaai omgewing veroorsaak, die volgende:

 

 

 

 

 

 

Mikro plastiek stukkies (‘nurdels’)

Sigaretstompies

Stukkies polistireen

Plastiek bottelproppies

Klein stukkies glas

Lekkergoed en ‘chips’ pakkies en omhulsels

Metaal bottelproppies

Meters gekoekte vislyn

Plastiekstrooitjies

Plastieksakke

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

         

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nie-winsgewende organisasies is afhanklik van donasies en vrywilligers, so kontak hulle vandag om jou deel te doen.

 

 

Kompetisie inskrywings

 

 

 

Post a comment