Bewaar ons Fynbos

 

Bewaar ons Fynbos

Posted by VLV in News, Slot-van-die-Paarl 02 Aug 2017

 

Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 1 Augustus 2017

 

Die taklede is gevra en hulle het reageer – baie musse is gebrei vir Danny Arendse se jeugbediening in Paarl-Oos, in samewerking met NGK Paarlberg.

 

 

‘n Kundige op die gebied van natuurbewaring, Dr Kas Hamman, het vir die lede meer geleer oor die wintereënvalstreek in die Wes-Kaap en oor die Fynbosbioom. Die Wes-Kaap het ‘n Meditereense klimaat.

 

Die Kaapse fynbos aan die suidpunt van Afrika het unieke fauna en flora en is die kleinste koninkryk met die grootste verskeidenheid plante bv proteas, erikas, bolplante en grasse. Daar was eers baie renosterbos in die laagland, maar weens die mens se invloed is daar nou slegs 5% oor.

 

Die aarde is vol swak plekke bv die Skeurvallei in Afrika, die Atlantiese Oseaan, Australië by Christchurch en Andesgebergtes is Suid-Amerika. Die plate van die aarde skuif teen mekaar en daar is voortdurende wrywing. Toe die Gondwana-kontinent baie jare gelede opgebreek het, was daar hope wrywing wat plooiberge laat ontstaan het. Hulle was heelwat hoër as vandag, maar is deur die elemente afgeslyp. Die Atlantiese Seestraat was baie nouer; nou is die Atlantiese Oseaan breed. Die Middellandse See is besig om te verdwyn. Met al díe veranderings het die Arktiese strome ‘n groot invloed, veral op die Suidpunt van Afrika! Die bergreekse keer dat die strome verder in die binneland ingaan en dus het ons slegs winterreëns.

 

Die Flora en Fauna het baie vinnig aangepas – Suid van die berge. A.g.v ongunstige omstandighede is die grond nou baie suur; PH van minder as 7 –  nader aan 5. Plante hou niks hiervan nie. Dit veroorsaak baie lae voedingsvlakke. Die nat winters en lang droë somers, a.g.v klimaatsverandering, veroorsaak dat baie spesies verdwyn het. Sekeres pas egter aan. As daar druk is om te verander, is dit aanpas en oorleef, of sterf! Dis meestal so dat as hulle oorleef, is hulle baie sterker.  Diversiteit verdwyn.  Ekosisteme se funksies verander.  In die ou dae kon reënwater die ekosisteme weer suiwer en balanseer (selfreiniging), maar met besoedeling van bv die Bergrivier, is dit soms dodelik vir die ekosisteem.  Raad:  Roei indringerplante soos bloekombome en blackwattle uit. Swak beplanning kom ook oral voor. Te veel vure roei die fynbos uit. Die bome vat vlam en brand fynbos af – wat slegs elke 12 jaar ligte vuur nodig het.  Gevolge van brande:  Die indringers wen en suip al die water op!  Oplossing: Roei indringers by die opvangsgebiede uit.

 

Die lede vra lewendige vrae en word nog slimmer…by die VLV!

Globale verhitting laat ook ‘n rampspoedige voetspoor want dit reën al minder, en die land word al warmer vanuit die weste. Die mens stel ook onnatuurlike prosesse in werking, bv die boor na olie en soek na steenkool. Daar is ook te veel mense op aarde. Die mense gebruik te veel van die beskikbare hulpbronne. Bronne soos water, moet bewaar word. Riviere se PH is 5 wat te suur is. Visse moet aanpas of vrek; dieselfde geld vir plantegroei. Die fauna op fynbos is sebra, bontebok, klipspringers, wat ook uitgewis kan word of verbaster met ander spesies. Ander bedreigde fauna is rooikatte, boskatte, dolfyne, paddas, visarende, visvangers, brilpikkewyne (slegs 5% oor, want daar is te min kos a.g.v die vissers wat te veel vang). Voorbeelde van flora wat oor is, is vygies, proteas en heide.

 

‘n Besoek aan die ondergrondse inligtingsentrum naby die Magaliesberge is blykbaar die moeite werd.

 

 

 Frouwien du Toit, voorsitter, by dr Kas Hamman

 

Post a comment

four × 1 =