Bestanddele vir ‘n gesonde brein

 

Bestanddele vir ‘n gesonde brein

Posted by VLV in News 11 Apr 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 10 April 2018

 

Lynette Peerce, `n afgetrede apteker, is die spreker by ons vergadering. Sy bespreek `n paar algemene mediese toestande.

 

  1. Griep en die noodsaaklikheid van inenting.

Griep is `n virus wat vinnig versprei en jaarliks sterf mense daarvan. Die entstof is veral voordelig vir enigiemand wat `n swak of onderdrukte immuunstelsel het soos bejaardes, swanger vroue en mense met `n chroniese toestand. Om die immuunstelsel op te bou moet jy gesond eet, genoeg vloeistowwe drink, genoeg slaap en oefening kry. Goeie higiëne is baie belangrik.

 

Daar is verskillende vorme van artritis waarvan osteo-artritis die algemeenste voorkom. Simptome is swelling, stywe, gevoelige en pynlike gewrigte. Oefening is belangrik. Anti- inflammatoriese middels kan gebruik word, maar dit kan `n negateiwe effek op die maag hê.

 

Cholestrol is nodig vir die vervaardiging van sekere hormone in die liggaam, maar daar is “goeie” en “slegte” cholestrol. Are vernou as gevolg van die opbou van vetneerslae en daarom kan te min suurstof by die organe uitkom wat die kanse van beroerte en hartsiektes verhoog.  Die oorsaak van hoë cholestrol kan geneties, `n verkeerde leefstyl of as gevolg van `n mediese toestand wees.

 

Insulien, wat deur die pankreas afgeskei word, help om glukose van voedsel na die selle in die liggaam te neem en sodoende energie verskaf. Diabetes ontstaan wanneer die bloedglukose vlak te hoog is. Somtyds kan die liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie en dan bly die glukose in die bloed en bereik nie die selle nie. Diabetes kan nie genees word nie, maar kan beheer word deur `n gesonde leefstyl te handhaaf.

 

Sanita Landman, saamroeper vir gesondheid, deel noodsaaklike bestanddele vir `n gesonde brein.

 

  1. Maak vis jou vriend. Die brein benodig `n gereelde inname van Omega 3 en 6 vetsure.
  2. Trek jou stapstewels aan. Om daagliks te stap doen  wondere vir die brein. Probeer om ten minste 3 km  te stap. Dit kan help om die kognitiewe funksionering in verouderde breine te bewaar.
  3. Wees `n sosiale vlinder. Om kwaliteit tyd saam met vriende en geliefdes te spandeer is voordelig vir die brein.
  4. Gebruik dit of verloor dit. Leer gereeld iets nuut en stel uitdagings aan jouself. Beweeg uit jou gemaksone.
  5. Bêre die suiker en red jou brein. Suiker verouder die brein en te veel suiker stel meer insulien vry wat bloedsuikervlakke verhoog.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Peerce saam met Nicolene Wentworth, `n lid van die Gesondheidskomitee.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

5 + 9 =