Besoekers uit Patagonië

 

Besoekers uit Patagonië

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 29 Jan 2020

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Datum: 28 Januarie 2020

Beriggewer: Hermien Van Zyl

 

 

VLV-KLEINMOND BELÊ IN VROUE

‘n Onverwagte geleentheid om met twee besondere jong vroue kennis te maak, het op die VLV-tak van Kleinmond se pad gekom en hulle het dit met albei hande aangegryp. Deur die passie en toedoen van Gerard Grobler, redakteur van die plaaslike koerant, Overstrand Herald, is ‘n kulturele uitruilooreenkoms met Sarmiento in Patagonië, Argentinië aangegaan om twee nasate van die Afrikanergesinne wat hulle tussen 1902 en 1907, ná die Boere-oorlog daar gevestig het, na Kleinmond te bring. Alice van Rooyen, VLV-lid en -verslaggewer het op die reëlingskomitee gedien en die VLV betrek.

 

Ilna Grobler (middel) stel Carolina (links) en Ana Luz aan die gehoor voor.

 

VLV-Kleinmond het dus die jaar op ‘n hoogtepunt afgeskop met ‘n groot getal lede en heelwat besoekers wat die interessante vergadering bygewoon het. Carolina en Ana Luz is aan die gehoor voorgestel deur Ilna Grobler, vrou van Gerard. Sy het kortliks vertel hoe sy paaie met dié van die Afrikanernasate gekruis het en hoe hulle vasberadenheid om Afrikanertradisies van meer as ‘n honderd jaar gelede lewend te hou, hom aangegryp het sodat hy iets wou doen – vandaar die skakeling.

 

Carolina aan die woord.

Carolina het met behulp van kaarte en ‘n power point-aanbieding aangetoon waar presies Sarmiente langs ‘n meer geleë is wat uit die Andesgebergte gevoed word, en wat dus sommer ook hulle ontspanningsoord is. Behalwe die olie- en boerderybedryf, is die wynbedryf ook ‘n groot verdiener van buitelandse valuta. Die wynkoningin se kroon en serp is saam met die apparaat en kruieblare om maté, die Argentynse nasionale drankie, te maak, vertoon.

 

 

 

 

 Die kaarte en artikels wat uitgestal is.

 

 

 

 

 

 

Samesang van ou Afrikaanse liedjies met kitaar- en trekklavierbegeleiding, het die meisies laat oplet dat hierdie liedjies ook nog in Patagonië deur hulle oumas gesing word wanneer die Afrikaners byeenkom vir ‘n “braai”! Van die ouer VLV-lede het selfs spontaan ‘n paar volkspelepassies uitgehaal op die wysie van “Afrikaners is plesierig.”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Soetrissies, uie en ander groente vir versiering.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daarna kon almal sien hoe maak Maria Whitehead en Wilma Fÿfer uit groente soos uie, soetrissies en ander groente, versierings vir ‘n bord. En hulle kon handeklap toe ‘n VLV-ouma, Isobel du Plessis, haar 60 jaar-diensknopie ontvang. Alhoewel hulle nie meer Afrikaans magtig is nie, kommunikeer hulle vloeiend in Engels, met Spaans hulle moedertaal. Elkeen het ‘n VLV-gedenkblikkie met beskuit ontvang wat hulle kan terugneem na Sarmiento.

 

Alice van Rooyen (middel) en die Argentynse meisies met hulle VLV-blikkies.

 

Ria Coetzee en Grieta Swart by die verhoograngskikking.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Isobel du Plessis (links) ontvang haar 60-jaar lidmaatskapknopie van voorsitter Cecile Jonkheid

 

 

 

 

 

 

Susan Marais en Susan Winterbach ken nog hulle volkspelepassies!

 

Martie de Witt (2de), Harriet Visser(3de) en Hermien van Zyl(1ste) was die ontvangers van die geborgde pryse vir ‘n garsbroodjie.

 

 

Leave a Reply