Besoek aan Rialheim

 

Besoek aan Rialheim

Posted by VLV in News, Robertson Tak 19 Aug 2016

Sirkel: Worcester

Tak: Robertson Dag

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Sunette de Villiers

Datum: 18 Augustus 2016

 

Robertson se dagtak het ‘n heerlike oggend geniet by ons plaaslike keramiekfabriek, Rialheim, op die plaas Clairvaux, net ‘n klipgooi vanaf die dorp.

 

IMG_2059 (Small)

Vooraansig van die fabriek

 

Rial is die 5de generasie op die plaas en het in 2014 teruggekeer vanaf Johannesburg om die keramiekfabriek hier te vestig. Na jare se verwaarlosing is die melkstal en varkhokke omskep in die fabriek en winkel.

 

Rial neem ons lede deur die winkel en verduidelik die proses wat deurgemaak word om die pragtige potte te vorm. Die meng van die klei word baie noukeurig gedoen voordat dit in die vorms gegiet word. Hy wys ook elke stadium wat die artikels deurgaan. Elke werker by die fabriek het sy deel wat gedoen moet word gedurende die proses. Soos bv. pak van oonde, afskuur van gebakte potte, kleur van potte en finale afwerking. Dit neem twee weke vir elke produk om deur die proses te gaan.

 

IMG_2063 (Small)

Artikels in die winkel

 

IMG_2071

Die rou produk voor gebak

 

Dan is daar die pragtige beeldende tuin  met verskeie beelde van yster en keramiek wat ‘n rustige atmosfeer vir die besoeker verskaf.

 

IMG_2073

Een van die beelde in die tuin

Post a comment

20 − 4 =