Besoek aan koekiefabriek

 

Besoek aan koekiefabriek

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 17 Oct 2019

Sirkel: Paarl

Tak:  Suider  Paarl

Jaarlikse Uitstappie

Beriggewer:   Gonny du Plessis

Datum:  16 Oktober 2019

 

 

Die Suider Paarl tak het hul  jaarlikse uitstappie na ’n nuwe Koekiefabriek  met die naam  “In 2  Food” in  die Paarl onderneem.

 

Die fabriek het in  Januarie 2019 amptelikk geopen nadat ’n gedeelte van ’n fabriek in Wellington na die Paarl verskuif het en ‘n ander klein maatskappy oorgekoop is om in te skakel by die groot fabriek. Hul verskaf hoofsaaklik  gebak  en sappe aan die Woolworths groep. Hul verskaf daagliks werk aan 900 persone.

 

’n Groot deel van die werk word met die hand  gedoen. Hul is ook omgewingsbewus en spaar op water en elektrisiteit sover moontlik.

 

Daar was 22 lede, 2 gaste en die Sirkel President ,mev Marinda Rall, teenwoordig.

 

Vlnr  Wilma Kock,Berta Spangenberg, Elsa Gous, Marie de Villiers, Hendriena Rossouw, Gonny du Plessis en Marinda Rall.

 

Dames kyk hoe koekies met die hand gevorm word.

 

Leave a Reply