Besoek aan die Vereniging van Mond-en-Voetskilders

 

Besoek aan die Vereniging van Mond-en-Voetskilders

Posted by VLV in Diepkloof Tak, News 27 Jul 2016

Sirkel: SWD

Tak: Diepkloof

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Anita Fourie

Datum: 27 Julie 2016

 

 

Diepkloof-tak het op Woensdag, 27 Julie 2016, besoek afgelê by die Suid-Afrikaanse Vereniging van Mond-en-Voetskilders. Die Vereniging se hoofkantoor het verskuif en is nou in George geleë.

 

Rudie, wie verlam is in ‘n motorongeluk, en wie sy ouers op 15jarige ouderdom verloor het, het lede te woord gestaan en van sy kunswerke vertoon. Hy lewer ook ‘n demonstrasie van hoe hy skilder.

 

IMG-20160727-WA0014

Een van Rudie  se kunswerke

 

Dit is net ongelooflik wat hierdie mense met die mond en voet kan skilder. Na die demonstrasie is daar heerlik saamgekuier oor ʼn heerlike bordjie eetgoed en ‘n koppie koffie.

 

IMG-20160727-WA0015

Rudie saam met van die taklede

 

Post a comment

eighteen + 1 =