Besoek aan die planetarium

 

Besoek aan die planetarium

Posted by VLV in News 04 Apr 2019

Sirkel:  Tygerberg

Tak;  Brackenfell

Porteufeulje:  Opvoeding en Kultuur

Berriggewer:  René Ferreira

Datum:  3 April 2019

 

Brackenfell besoek die Planetarium in Kaapstad

 

Op 3 April vertrek 13 VLV-lede (3 manne is by) na Die Tuine in Kaapstad.  Daar word heel eerste aangedoen by die groentetuintjie van Jan van Riebeeck.  Die dames voel en ruik aan die kruie en verlustig hulle in die pragtige groente.  Wat ‘n vreugde dat dié tuintjie so goed in stand gehou word.

 

Daarná slenter ons af na The Gardens Restaurant vir koek en koffie.  Daar word rondom die tafel lekker gesels en stories uitgeruil.  Die Tuine is pragtig, die bome groen – dis net ‘n yslike plesier om daar te kan wees.

 

Ons stap by Tuynhuys verby in die Laan na die Planetarium.  Daar verdeel ons en spreek af om mekaar 14:00 by die Ouditorium vir die sterrekyk-vertoning te ontmoet.  Onder baie gelag gaan sit ons goed agteroor op ons stoele daar en ‘n baie goeie vertoning van sterre en planete volg.

 

Die dames is dit eens dat ons eendag wéér so moet maak!

 

Op die foto v.l.n.r.:  Sheila Burger, Yvonne Labuschagne, Maleen Smith, Thea Wheater, Henna van der Westhuizen en Molly Craven.  Foto:  Fanny le Roux

(Hulle staan in Jan van Riebeeck se Tuintjie, Tafelberg in die agtergrond)

 

 

Post a comment