Besoek aan Anderson Museum in Dordrecht

 

Besoek aan Anderson Museum in Dordrecht

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 16 May 2019

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 15 Mei  2019

 

Dié maand se byeenkoms is in die baie interessante en private Anderson Museum in Dordrecht gehou. Die kurator, Ben Maclennan, was ook teenwoordig. Met die tema van Openbare Sake het saamroeper Antoinette van Pletzen gelamineerde verduidelikings uitgedeel oor hoe om óm ‘n verkeersirkel te ry, en ‘n algemene bespreking het gevolg.

 

Daarna het almal aan ‘n vasvra oor Dordrecht deelgeneem en pryse is uitgedeel. Dordrecht is in 1856 op die plaas Boschrand gestig met die doel om ‘n NG Kerk te stig. Dis vernoem na Dordrecht in Holland, ter ere van ‘n historiese Sinode van Gereformeerde kerke in 1618 – 1619. Die museum is in 1984 gestig toe Freda Anderson (wie se ouers buite Dordrecht geboer het) die gebou geskenk het. Haar pa was ‘n Kaapse rebel in die Engelse Oorlog en is vir hoogverraad tronk toe gestuur. Verskeie Boeke en ander tweedehandse artikels wat as skenkings ontvang is (en steeds welkom is) word vir fondse verkoop.

 

Interessanthede  in en om Dordrecht sluit in die tëels op die buitemuur van die poskantoor wat trekboere met hul ossewaens uitbeeld. Die hekke (met die groot groen balle) van Lapa Munnik se plaas-ingang, is deur Italiaanse Krygsgevangenes, gedurende die Tweede Wêreld Oorlog gebou. Burgemeester William Fish, wat so om en by die draai van die Negentiende Eeu hier gebly het, was later ook die burgemeester van Kaapstad. Mandela Hardware was sy winkel.  Die Hoërskool is vandag 138 jaar oud met 304 seuns + 330 meisies = 634 leerlinge. [116 in koshuis]. Die Dordrecht begraafplaas bestaan uit ‘n interessante geologiese verskynsel: Daar is ‘n bedding van plantfossiele sowat 200 miljoen jaar oud. ‘n Bietjie dieper verander die bedding in steenkool.          Jan Smuts het twee uiters noue ontkomings in sy lewe gehad. Die een was in die Tweede Wêreldoorlog, toe sy vliegtuig deur weerlig getref is. Die ander was ‘n lokval op Moordenaarspoort, gedurende die Engelse Oorlog, waarin sy perd onder hom doodgeskiet is, een van sy kamerade doodgeskiet is, en twee later van hul wonde beswyk het.

 

Ben Maclennan het lede op ‘n toer van die Museum geneem en deurentyd inligting gedeel, veral oor die distrik se rotstekeninge. Hy het ook pamflette daaroor uitgedeel: Koester jou Rotskuns. The Dordrecht district is home to some of the finest Bushmen paintings in S.A. They include images of religious rituals and animals such as the extinct eland. However these artworks are very vulnerable to weathering, as well as to damage by visitors. Keep cattle & sheep away, as they may rub against the paintings and cover them with grease. Visitors must treat the site with respect. Don’t wet the paintings, don’t dig around the site, and don’t touch the paintings – not even with a stick. Don’t remove anything from the site. If you pick something up, put it down in the very exact place. If you want people to know you visited the site, do it on Facebook – not by scratching your name on the rock!  Contact Ben at 087-550 2565 if you need any more info about preserving these paintings on your farm.

 

Om die geskiedkundige tafel

 

Ben Maclennan aan die woord.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tonele in die Anderson Museum

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Agter: Antoinette van Pletzen, Lida Rossouw, Lenie Fourie, Ben Maclennan, Bertha Rossouw, Elize Oosthuizen. Voor: Sonja Kruger, Effie Jonker, Trudie Slootmans, en Anna van Niekerk.

 

 

Post a comment