Bennie boekwurm-projek

 

Bennie boekwurm-projek

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 29 Aug 2014

Sirkel:  Worcester

Tak:  Maria Stofberg

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Susan Engelbrecht

Datum:  29 Augustus 2014

 

 

Na aanleiding van VLVK se Boekie-en waslapprojek, het VLV Maria Stofberg die Bennie Boekwurm-projek geloods. Die lede het boekies vir 4 tot 14 jariges ingesamel.  Diegene wat nie boekies kon skenk nie, het waslappies of seep gegee.

 

 

maria stofberg3

 

 

Drie van die lede, Alta Britz, Nellie Crafford en Hettie Stander, het die pakkies aan  Aan de Doorns Primêr , ‘n plaasskool, oorhandig. Die hoof, Mnr. Jacobs, het namens die skool die tak bedank en  bygevoeg dat die kinders reeds opgevoed word in die higïene rondom die gebruik van boeke. Voorts het die hoof vertel dat baie kinders óf vêr  skool toe loop óf  oor lang afstande vervoer moet word; daarom is hy baie bly vir die voedingskema wat die leerders elke dag van kos voorsien.

 

 

maria stofberg

 

 

maria stofberg2

Post a comment

5 × 2 =