Bemeester “quilling”

 

Bemeester “quilling”

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 23 Jul 2017

Sirkel: Middelland

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Marlene Erasmus

Datum: 22 Julie 2017

 

Aangesien “quilling” weer een van die kompetisies vir Kongres 2018 is, het Lynette Martin, Sirkelpresident, en Hannelie Low, Kunste en Handvlyt Sameroeper van Sirkel Middelland dit goed gedink om ‘n kursus te reël sodat meer dames hierdie tegnieke kan aanleer.

 

In die 18de eeu het die Franse en Italiaanse nonne en monnike “quilling” gebruik om die omslae van boeke te versier. Hulle het die kante van blaaie wat met goud verguld was, hiervoor gebruik.

 

Daar was 24 dames en Joey Barnardo van Kraggakamma-tak het die kursus aangebied. Elke dame het ‘n stelletjie met reeds- gesnyde papier ontvang en ook die regte gereedskap vir die werk.

 

                     

Joey besig om te verduidelik

 

Joey het baie breedvoerig die basiese tegnieke aan ons verduidelik en toe het ons in alle erns sirkeltjies begin draai. Elkeen het ook ‘n patroontjie ontvang en ons moes dit opvul met al die gedraaide sirkeltjies. As die sirkels klaar gedraai is, kon dit net deur die sirkel  hier en daar te knyp, in ‘n heeltemal ander vorm verander. Joey het seker gemaak dat elkeen elke tegniek bemeester voordat sy verder verduidelik het. Hierdie kunsvorm vereis baie geduld.

 

                                                               ‘n Prentjie aan die ontwikkel

 

Die dames het dit baie geniet en was baie opgewonde om hierdie nuwe kunsvorm verder by die huis te gaan beoefen. Hier is oefen baie belangrik om dit perfek reg te kry.

 

 

 

 

 

 

Ene konsentrasie

 

 

 

 

 

 

 

Lynette Martin en Ilke Erasmus besig om sirkeltjies te rol

 

Een van die pragtige kaartjies wat Joey gemaak het.

 

 

 

 

  • Antoinette van Pletzen July 29, 2017 at 4:19 pm / Reply

    Wonderlike verslaggewing! Baie en goeie foto’s! Baie dankie!

Post a comment

two × four =