Bemagtig jouself!

 

Bemagtig jouself!

Posted by VLV in Douglas Tak, News 13 Aug 2014

Sirkel:Kimberley & Distrik

Tak: Douglas

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hanneke Botha

Datum: 12 Augustus 2014

 

Demonstrasie: Diane stel vir Arno Goosen voor wat by Jakes Tyres werk. Hy wys vir ons hoe om ‘n motorband om te ruil. Hy gee die volgende raad: maak seker dat jou spaarwiel styf is en dat jy die nodige toerusting in jou motor het. Jou motor moet veilig staan wanneer jy ‘n band moet ruil. Gebruik die driehoeke indien nodig. Hy demonstreer hoe om die band om te ruil. Arno gee ook riglyne oor die korrekte banddruk en die loopvlak van bande.

 

Foto 1 - Arno help om bande om te ruil

Arno ruil bande om.

 

Spreker: Diane stel vir Marcelle Badenhorst van Hoërskool Douglas aan die woord. Sy praat oor rekenaargeletterdheid, die Internet en tegnologie, spesifiek oor die voordele van rekenaars asook die soorte rekenaarstelsels wat mens kry (bv. “desktops”, “laptops” en selfone soos Blackberry). Sy herinner ons dat tegnologie oral rondom ons is. Tyd- en afstandbeperkings word verminder en jou wêreld word vergroot.

 

Marcelle verduidelik dat ‘n rekenaar uit ‘n skerm (monitor), ‘n muis, ‘n sleutelbord en die rekenaar self bestaan. Telefone kan ook deesdae as ‘n rekenaar geklassifiseer word, want dit bestaan uit ‘n kombinasie van toestelle (kamera, musiekspeler, Internet).

 

Foto 2 - Marcelle praat oor rekenaars

Marcelle praat oor rekenaars.

 

Daar is egter ook gevare by rekenaars: Marcelle vertel ons van die verskillende rekenaarmisdade wat voorkom (bv. “hacking”, sosiale manipulasie wat mense om die bos lei om inligting te verkry, “malware”, “phishing”, “spyware” ens.) en hoe om dit te identifiseer. Sy sluit haar praatjie af met die “paranoïese ABC.

A : Aanvaar niks, B : Bevraagteken alles en C: Check alles

 

Demonstrasie: Martie Korff demonstreer hoe om ‘n 5liter roomysbak te omskep in ‘n piekniekservethouer deur dit oor te trek met ‘n vadoek.

 

Foto 3 - Martie versier 'n houer

Martie versier ‘n houer.

 

Lief en Leed: Lemfvia van Niekerk deel haar ervarings en gevoelens nadat haar huis onlangs afgebrand het. Sy het haar afhanklikheid van haar Skepper weer besef. Organisasies en vriende dra haar deur hierdie moeilike tyd. Alta wens haar sterkte toe en Cecile oorhandig blomme en ‘n geldelike bydrae vanaf die VLV aan Lemfvia.

 

Na al die interessante verrigtinge geniet die dames en die gaste koffie en tee en ‘n eetdingetjie.

 

Foto 4 - Alta en Lemvia

Alta en Lemfvia.

Post a comment

2 × five =