Bejaardes se “Monsters”

 

Bejaardes se “Monsters”

Posted by VLV in Victoria-Wes 13 Jun 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  13 Junie 2015

 

Die jaarlikse gesondheidsvergadering is aan huis van me. Erna Jeppe gehou. ‘n Baie insiggewende DVD, oor die “monsters” wat bejaardes se lewenskwaliteit bedreig, is vertoon.  Die spreker is Rayne Stroebel, ’n spesialis op die gebied.

 

Hy het dit beklemtoon dat mense se lewenskwaliteit bepaal word deur onafhanklikheid.  Sodra bejaardes se kinders en ander persone namens hulle begin besluite neem, terwyl hulself nog daartoe in staat is, neem sodanige persone se lewenskwaliteit af.

 

Een van bejaardes se grootste vrese is om te val.  Sodoende begin hulle minder beweeg wat weer die spiere verswak.  Vereensaming kan ook as gevolg hiervan voorkom.  Later lei dit weer tot slaaploosheid, want aangesien die persoon onttrek a.g.v. die vrees om te val, slaap hy/sy meer in die dag en dus minder in die nag. Gevolglik word slaappille voorgeskryf wat eindlik onnodig is.  So lei een ding tot die ander.  Volgens Stroebel is daar dikwels ander oplossings vir bejaardes se probleme as net medikasie.

 

Humoristiese boererate is ook voorgelees soos:  Gebruik ‘n haasgal om ‘n doring uit te trek.  Of gebruik ‘n warm katvel om koors te breek of wat van ‘n droë slangvel om van ‘n vratjie ontslae te raak?

 

Die wonder van moderne tegnologie is ook genoem met die feit dat sekere operasies reeds op ‘n baba in die baarmoeder voor geboorte gedoen kan word.

 

By die vergadering is die wenner van ‘n skildery ook bekend gemaak.  Dit was die prys vir ‘n kompetisie wat uitgeskryf is rondom die tak se verjaarsdag.  Die wenner is Petro Coetzee.

 

 

WP_20150613_12_13_24_Pro

Petro Coetzee met haar skildery.

Post a comment

eleven + 17 =