Beertjies

 

Beertjies

Posted by VLV in Bonnievale Tak 03 Oct 2014

Sirkel:  Worcester

Tak:  Bonnievale

Beriggewer:  Gesina de Wet

Datum:  3 Oktober 2014

 

Bonnievale tak is betrokke by die gemeenskap!

 

Beertjies 001

Die blikke is toegeverf en versier, die beertjies gestik, gestop en gestrik, al honderd van hulle.

 

Beertjies 002

 

Op Vrydag 3 Oktober het die Langeberg Munisipaliteit se mobile kliniekdiens, wat op die plase werk, ‘n Ma en kind dag op die plaas Lusern gehou. Daar was ‘n groot aantal kinders van geboorte tot 5 jaar.  Gesina en Helen de Wet het die VLV verteenwoordig en ook as beoordelaars opgetree in die babakompetisie.     Na ‘n oggend van pret, sang en saam eet, is die wenners in die verskillende kategorië aangewys en pryse oorhandig. Elke ma het ook ‘n blik, vol gepak deur donateurs, en ‘n  beertjie ontvang.

 

Beertjies 003

 

Dit was weereens lekker om as organisasie by die gemeenskap betrokke te wees en ook om as lede saam aan ‘n projek te week.

 

Beertjies 004

Post a comment

3 × one =