Been-af op ontbeende bleis

 

Been-af op ontbeende bleis

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 24 Jul 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Marie Malan

Datum: 23 Julie 2014

 

Cornelia Marais, saamroeper van Leefstyl, het ‘n interessante, aangename vergadering aangebied.

 

Herman Lambrechts van die Vishuis in Bokkomlaan, het skaapboud en hoender ontbeen.  Daar is twee manier om boud te ontbeen.  Eerstens sny die boud van bo af oop en haal die been uit. Gebruik ‘n stewige, skerp ontbeenmes met ‘n lang, smal lem. Tweedens sny been los en trek uit terwyl boud heel bly.

 

IMG_4118

Herman Lambrechts van die Vishuis.

 

Stop boud en maak oornag gaar in oond. Vulsel:  spinasie, fyn spek, knoffel en gemmer, gekapte neute. Hy het ‘n wenk gegee: om te keer dat die boud krimp tydens gaarmaak, kan wortelrepies in die boud gedruk word.

 

IMG_4115

Verskeie speserye is uitgestal.

 

Om ‘n hoender te ontbeen, moet daar ook so na moontlik aan been gesny word.  Sny eers beentjies van vlerke uit, dan borsbeen, boudbeentjies en stuitjie.  Vulsel moet stywe konsistensie hê,  neute, droë vrugte, kruie (roosmaryn en tiemie) en maalvleis.

Lekker eet!

IMG_4120

Post a comment

one × 2 =