Bedreiging van ons mariene omgewing

 

Bedreiging van ons mariene omgewing

Posted by VLV in News, Porterville Tak 05 Apr 2019

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@telkomsa.net

Datum:  4 April 2019

 

ONS MARIENE OMGEWING:  BEDREIGINGS EN RISIKO’S

Feite:  Die oseane voed meer as een biljoen mense.  10% van die bevolking is afhanklik van oseane.  Een-derde van die bruto inkomste is gekoppel aan visbronne en toerisme.

 

Risiko’s en bedreigings:

  • Oorbenutting van visbronne deur kommersiële vissers wat visbronne uitput.
  • Besoedeling deur plastiek, olie en riool (Google: The great pacific garbage patch).
  • Verslapping in regulasies deur politici as gevolg van sosio-ekonomiese druk.
  • Plundering deur stropers.
  • Verspreiding van voëlgriep.
  • Historiese quano verwydering en oes van eiers op eilande.
  • Vestiging van uitheemse diere op eilande (katte, konyne, rotte, muise en bloedsuiende parasiete soos luise).
  • Klimaatsverandering het tot gevolg dat kosbronne skuif.
  • Predasie – aangeleerde gedrag om kos te bekom, veral robbe wat groot toename toon, seemeeue en pelikane.  Robbe gryp nou voëls om te eet in plaas van vis omdat vis weg-beweeg van die kuslyn en robbe kan nie soos voëls in diepsee oornag nie.  Robbe vang ook pikkewyne, komorante en malgasse. Seemeeue steel die eiers en kuikens onder malgasse uit.
  • Kapasiteitsprobleme vir wetstoepassing.
  • Ontwikkeling langs kusgebied en riviermondings veroorsaak besoedeling en beweging van sandduine en eko-versteuring (riviermondings is die broeiplek vir seelewe).

 

Gevaar van perlemoenstropers:

  • Hulle word bestuur deur sindikaatgroepe wat meedoënloos is en handel in perlemoen, dwelms en vuurwapens.
  • Stopers opereer dag en nag met goeie toerusting en werk in spanne.  Op een dag is 17 bote met meer as 350 duikers rondom Dyer Eiland opgemerk.
  • Daar is gemiddeld 12 tot 16 duikers op een boot en bote word oorlaai.
  • Drie patrollie bote word gebruik om hulle te stuit, maar dit is ‘n moeilike taak.

 

Bewaring van Afrika pikkewyn:

  • Hulle voortbestaan word ernstig bedreig. (geskatte populasie op Dasseneiland was 1,5 miljoen en het afgeneem na 19 000 broeipare in 2010.
  • Die Dyer-eiland was voorheen met 1 meter dik quano bedek en die broeiplek van pikkewyne.  Nou is dit alles verwyder deur die mens.
  • Kunsmatige neshokke is opgerig deur Cape Nature omdat die grond te hard is om neste te maak.
  • Luise is ‘n groot probleem in die kunsmatige neste en dit is baie warm wat veroorsaak dat pikkewyne uittrek.
  •  ‘n Nasionale Biodiversiteitsbestuursplan is opgestel om neste op land te vestig.
  • Op land is luiperds en rooikatte ‘n bedreiging, asook katte wat voëls vang, knaagdiere wat eiers vreet, pelikane vang volwasse voëls en konyne dra parasiete.

Cape Nature bestuur die probleem oordeelkundig deur katte, konyne, seemeeus en sekere robbe tot niet te maak.  Pelikane en robbe word verjaag.  Daar is sukses behaal by Bird Island by Lambertsbaai waar die populasie in ‘n groot mate herstel is.

 

Lariska Verster, Saamroeper Landbou en Tuinbou en Jaco van Deventer, spreker van Cape Nature

 

‘n Video is vertoon  – Hoe om plante tuis te kweek van die vrug, ook groente en kruie.

 

Bamboo-tandeborsels is omgewingsvriendelik, die ander neem 30 jaar om te verweer en koper-strooitjies in ‘n sakkie verpak, word bekend gestel.  Dit is baie higiënies.

 

 

VLV-kenteken word deur Mary-Ann van Schalkwyk oorhandig aan Maggie Maré wat as lid aange- sluit het.

 

 

 

Post a comment