Batik by “High Tea”

 

Batik by “High Tea”

Posted by VLV in Langebaan Tak 01 Apr 2015

Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 1 April 2015

 

DSCN1059

 
Langebaan Tak hou ‘n “high tea” met sang en ‘n kunsles.  Hennah Greef, Saamroeper van Kunste en Handvlyt, verduidelik die kuns van batik.

Batik is ‘n Indonesiese tegniek uit die 17de eeu. Batik kan gebruik word vir verskeie artikels soos tafelmatjies, lampskerms, tafeldoeke, rokke ens.

 
Jy benodig:  Dik plastiek om op te werk, goeie kwaliteit linne of katoen, kerswas of byewas, stofie, kastrol, goeie kwasse, materiaalkleursel (koue water kleursel) en bakke om materiaal kleursel in aan te maak..

 
Trek patroon af op lap, besluit op kleure, begin met die ligste kleur eerste.  Verf toe met was. Gaan so voort met al die ander kleure en bedek met was.  Lap kan elke keer in die kleursel gedoop word nadat was opgesit is of kleursel kan aangeverf word.  Kreukel lap en plaas in donkerste kleursel.  Die kleur sal in al die kreukels intrek. Laat droog word.  Stryk op wit papier (ongedrukte koerantpapier) om van die was ontslae te raak. Herhaal tot al die was af is.

 

 

DSCN1076

Dames dans terwyl daar gesing word: Dans met die rooi rok.

 

 

DSCN1085
Petro Marais bedank die sangers Liefie Kotze en Helga en Evert Genis.  By hulle is Hennah Greef Sameroeper van Kunste en Handvlyt.

Post a comment

3 × three =