Basiese diensvoorwaardes word bespreek

 

Basiese diensvoorwaardes word bespreek

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 23 Feb 2020

Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Margaretha Smit

Datum van gebeurlikheid: 20 Februarie 2020

 

Ondanks erge hitte en dreigende beurtkrag het die dames van Alexandria, Sirkel Middelland heerlik gekuier terwyl hulle gesmul het aan die verversings wat die gasvroue, Frieda Greyling, Ida de Klerk, Melani Roux en Emily Bellinghan, voorsien het.

 

Ida de Klerk open die vergadering op gepaste wyse met die voorlees van Mary Stuart se bekende gebed en daar word korte mette gemaak van die sakelys.

 

Terwyl die beoordeling van die Konferensie-en Tak kompetisie artikels plaasvind, het Frieda Greyling die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, aan die dames verduidelik. Hierdie wet is ook van toepassing op huisbediendes, tuinhulpe en versorgers wat omsien na ouer persone, kinders en gestremdes.

 

Die minimum loon beloop R20 per uur en indien ‘n werker meer as 24 uur per maand werk, word hulle as permanente werknemers geag. Die belangrikheid van werkskontrakte en registrasie en betaling van UIF bydraes word beklemtoon. Werksure mag nie 45 ure per week of 9 ure per dag oorskry nie. UIF bydraes beloop 1% vir die werkgewer en ook vir die werknemer. Kraamverlof van 4 maande moet toegestaan word en dit geld ook vir aannemings. Die tydperke vir jaarlikse verlof, siekverlof en menslikheidsverlof is ook bespreek.

 

Boekies en pamflette met meer inligting en kontaknommers is voorsien.

 

 

Stephnie Human is as wenner van die kategorie hondebeskuitjies en hondematrasse wat met plastieksak stroke gehekel is, aangewys deur beoordelaars Ida de Klerk en Marette Dreyer. Al die Takkompetisie artikels is aan die nie-winsgewende organisasie vir die versorging van diere in nood, ‘’Retreat 2 Eden’’, geskenk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply