Banting

 

Banting

Posted by VLV in Durbanville Tak 03 Sep 2015

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Durbanville

Portefeulje:  Potpourri

Beriggewer:  Hester Geringer

Datum:  3 September 2015

 

 

DSC02346

 

Nicolette Schoombee het met die dames haar ondervinding kom deel i.v.m. die ‘banting’ diet. Sy en haar man het, nadat hy verskeie mediese probleme ondervind het, besluit om hierdie eetpatroon te volg, baie sukses behaal en veral dr. Schoombee voel baie gesonder as voorheen. By hulle het dit ‘n
lewenswyse geword, en nadat sy die lede als gewys het wat om te eet en wat nie en hoe om te werk te gaan, het hulle veel om oor na te dink.
 

DSC02344

 

Met elke vergadering bring Annalien Jonker vanaf ‘n kwekery ‘n hele klomp plantjies wat sy dan verkoop. Annalien is die tak se Landbou saamroeper en hierdie plantjies is baie gewild. Gewoonlik is als uitverkoop teen die einde van die vergadering. Annalien Jonker is by sommige van die plantjies.
 

DSC02345

 

Johanna Steyn, die tak se beoordelaar, het beoordeel.  Die tak het besluit om vir die eerste keer al die kompetisie gebak op een slag te doen. Hulle  wou kyk of dit werk.  Johanna het haar goed van haar taak gekwyt, want daar was nogal heelwat geregte en koeke en dies meer wat beoordeel moes word. Die tak sal vorentoe besluit of dit ‘n gebruik gaan word.

Post a comment

two × five =