Baasbaksters besoek Velddrif

 

Baasbaksters besoek Velddrif

Posted by VLV in News 27 Jul 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Kultuur en Opvoeding

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 26 Julie 2017

 

Tannie Flori en Koelsoem besoek ons tak:

Kamali en Schrikker bekoor Suid-Afrikaners vir jare lank al met hulle onopgesmukte kos uit hulle kombuise in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte. Amore Bekker het eendag op RSG ‘n resep vir Paastyd gesoek. Tannie Koelsoem se seun het geluister en ingskakel en sy ma se resepte aanbeveel.

 

Tannie Koelsoem Kamalie was baie verbaas en het dadelik gesê sy is Moslem, maar ‘n goeie vriendin, Flori Schkrikker, is ‘n Christen en sy sal help met resepte. Dit was die begin van groot dinge, selfs ‘n ‘n kosprogram op TV. Koelsoem het ‘n seer heup en met die ouderdom pla dit baie. Flori het ‘n been prostese, saam maak hul ‘n gedugte paralimpiese kos- en bakspan soos hulself spot. Hulle het grootgeword met kos vir elkeen wat die huis besoek. Daar is altyd sop en brood of ‘n lekker pot lensies met skaapvleis. Al die kinders van die buurt wat honger is mag daar kom aanklop.

 

Tannie Flori en Tannie Koelsoem

 

Hierdie twee mense het ons almal laat skaterlag met hul sêgoed en hul manier van praat.

 

Hulle eerste boek, Kook saam Kaaps, het met goeie rede meer as 10 000 eksemplare in 12 maande verkoop!

 

Die gedugte bakspan Tannie Koelsoem en Tannie Flori se Soettand verskyn binnekort op die rakke! Resepte vir poedings en soetgebak, wat dekades lank al familiegunstelinge is, verskyn in Koelsoem Kamali en Flori Schrikker se tweede boek. Lesers met ‘n soettand kan uitsien na lekkernye soos Ouma Rose se doekpoeding, Maleise koeksisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoensysies, en die immgergewilde tweegevrietjies.

Gaste het hoede gedra

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die dag is afgesluit met 7 soorte sop en ‘n broodtafel.

 

 

 

 

Post a comment

nineteen + 12 =