Artappels – Gesondheid Uit Die Grond Uit

 

Artappels – Gesondheid Uit Die Grond Uit

Posted by VLV in Voëlvlei Tak 25 Aug 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Voelvlei

Studierigting:  Leefstyl

Beriggewer:  Elize Locke/Reeva Pienaar

Datum: 25 Augustus 2015

 

 

VLVK-Voelvlei het op Dinsdag, 25 Augustus 2015, ‘n baie interessante middag met aartappels beleef.  Die vlytige bak-en kooksters het ‘n hele maaltyd van aartappels kom demonstreer.

 

Daar word weggeval met ‘n heerlike kaas en speksop en die broodjies het nie agtergebly nie – 3 soorte!  Aartappelwiele in filodeeg is ‘n treffer vir ‘n entre of bykos.  Nataniel se Pastei ook ‘n wenner en die kersie op die koek koffiedroompies, klapperstafies en fudge.  Heerlik, en dit van die aartappel wat altyd in die groenterak lê.

 

 

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

 

 

By die onlangse VLVK Kongres, gehou op Cradock, het die tak heelwat pryse gewen vir fotografie, hekel-, naald- en borduurwerk.  Hulle het ook ‘n beker losgeslaan vir die tak met die meeste punte in die leefstyl afdeling.

 

 

DSCN0633 (Custom)

Post a comment

12 − 1 =