Arbeidsterapeut gee raad

 

Arbeidsterapeut gee raad

Posted by VLV in Durbanville Tak, News 28 Jul 2019

Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 18 Julie 2019

 

 

Mev Lynette Neyenhuis, ‘n Arbeidsterapeut, het kom praat oor die ouer dame – veral die wat al probleme het met artritis en ook beroerte aanvalle gehad het – en hoe om weer te rehabiliteer. Sy het ons haar storie vertel, van hoe sy 30 jaar in Amerika in Missouri as arbeidsterapeut gewerk het, en hoe sy ongeveer 90 outistiese kinders in haar sorg gehad het. Sy het ook mense wat beroerte aanvalle gehad het weer op die been gekry.

 

Haar man was ‘n Suid-Afrikaanse Diplomaat in verskeie plekke oorsee, en sy was so bevoorreg om oral waar sy gekom het haar beroep uit te oefen. By dit als het sy ‘n stokperdjie ontwikkel. Kwilt, wat baie eie is aan Amerika en wat baie terapeuties is. Sy het aan ons gedemonstreer hoe sy verskillende hupmiddels maak wat kan help veral as dit kom by die aantrek van skoene en kouse as mens nie meer so goed kan buig nie.

 

Mev Neyenhuis en het na vele jare teruggekom na Suid-Afrika, en is tans woonagtig te Melkbosstrand.

 

 

Post a comment