“Anything is possible with sparkle and a little pink”

 

“Anything is possible with sparkle and a little pink”

Posted by VLV in Alexandria Tak 27 Jun 2015

Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Leefstyl

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  27 Junie 2015

 

 

2

 

Slegs vir dames – Alexandria tak se Dames-oggend se tema is“Anything is possible with sparkle and a little pink”.   Klink geheimsinnig nê?  Nee, nie regtig nie.  Die hele omgewing se dames ruk op in hul wintersgewaad.  Met `n sjerrie in die hand wyk die koue en gesels hulle land en sand. Met die “ Pink Panther” as tema musiek raak dit stil.

 

 

1

 

 

Anneli Botes raak aan die tema van die oggend- “Vroue met visie”.  Sy maak  Kaapse draaie en die dames kry `n goeie sessie met lag-oefeninge in.

 

 

3

 

 

Karl Leerlink, “WEAR PINK AND MAKE THE BOYS WINK” van die Green Acres Truworths-tak rol sy trollie in met `n paar noodsaaklike kledingstukke.  Op sy kenmerklike eerlike en humoristiese wyse maak hy die dames wys dat hulle klerekaste oorvol is.  Die dames leer wat hulle eintlik reeds weet, naamlik dat `n paar basiese kledingstukke met die regte pas-maats die korrekte en verantwoordelike klerekas beplanning is.  Vrouens is mos altyd ontvanklik vir raad om hulle beter te laat lyk en voel.

 

 

Lede van die tak demonstreer `n paar nuttige en maklike maniere om vir jou tafel `n versiering te praktiseer.  Sharon wys hoe om glase en kerse op verskeie maniere te gebruik.  Dina gebruik plantmateriaal wat in en om die huis is en maak `n versiering vir `n sop en sjerrie geleentheid.  Rina demonstreer `n paar moderne tegnieke.

 

 

“TICKLE SOMEONE PINK /  PRETTIGE PIENK” Rob Knowels, komediant, joernalis en fotograaf van Port Alfred se nuusblad vermaak hulle met sy kenmerklike aksent en manier van vertel.

 

 

4

 

 

“SOUP AND BREAD /  SOP EN BROODJIES  Sorry not pink! / Jammer nie pienk nie!”

                  

 

`n Woord van dank aan al die getroue tak-lede wat die gaste getrakteer het met Gluwhein en southappies.  Die gaste het die sop en brood terdee geniet na afloop van die vermaak.

 

 

 

Post a comment

three × 1 =