Aluminiumfoelie Kunswerke

 

Aluminiumfoelie Kunswerke

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 27 Apr 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 26 April 2017

 

Aluminiumfoelie Kuns : 

 

Celba Wessels ‘n afgetrede onderwyseres kom deel met ons haar passie vir kuns. Sy kry baie idees van “pinterest” en vernuwe dit. Sy het ons geleer om met foelie (Tin foil) te skilder i.p.v pewter wat baie duur is. Sy eksperimenteer graag, en gebruik die beste opsies wat koste-effektief is.

 

Celba Wessels demonstreer die Tin foil kuns.

 

Kuns vra tyd en geduld – so moenie jou item afjaag nie.

  1. Trek ‘n eenvoudige ontwerp met deurslagpapier op ‘n stuk spaander bord (chip board) af.
  2. Trek die lyne met “hot glue gun” oor
  3. Spuit bord met spuitgom
  4. Plaas swaar foelie oor prent en vul die prent heel op.
  5. Prent gereed vir verf. Gebruik deurskynende verf. (Gel stain)
  6. Seël die produk na die tyd met spuitvernis.

Jou skildery is gereed.

 

Van die kunswerke wat Celba gemaak het.

 

Marlene  demonstreer om krale in te ryg vir ‘n tafeldoek gewiggie. Elke lid het ‘n tafeldoek gewiggie gemaak van haar eie keuse.

 

Lede ryg krale

 

Nog 2 nuwe lede sluit aan by die tak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog items van foelie.

 

 

Bottels gebruik as lampstander

 

  • Antoinette van Pletzen May 5, 2017 at 12:35 pm / Reply

    BAIE oulik!!! Dankie vir die deel!

Post a comment

thirteen − 12 =