Altyd stylvol

 

Altyd stylvol

Posted by VLV in Diepkloof Tak, News 25 Feb 2017

 

 

Sirkel  : SWD

Tak : Diepkloof

Portefeulje : Leefstyl

Beriggewer : Anita Fourie

Datum : 24 Februarie 2017

 

Diepklooftak hou ʼn spog geleentheid met Marida Pretorius van Chata Romano Skoonheidshuis

 

Lede van die Diepkloof VLV tak is op Woensdag 23 Februarie 2017 bederf met n besoek  van Marida Pretorius, ʼn persoonlike kleur, styl en klerekas konsultant, van die bekende Chata Ramano skoonheidshuis.

 

Marida verduidelik dat sy eerstens jou velkeur bepaal. Jou haarkleur, grimering en klerekas word daarvolgens aangepas.  Marida wys vir ons hoe van haar kliënte voor ʼn oormaak sessie gelyk het en ook daarna. Die resultaat was verstommend.

 

Sy lewer ʼn demonstrasie om klere te meng en pas. Lede was verstom om te sien wat sy uitgerig kon kry met ʼn paar kledingstukke en bykomstighede. Sy tower baie gou ʼn serp om in ʼn bloes. Die goue reël van klere aankoop is dat elke kledingstuk wat jy aankoop met minstens drie items in  jou kas gedra of gekombineer kan word.  Moenie dupliseer nie, jy het nie 5 baadjies nodig nie. Koop meer vir bo en minder vir onder. Niemand sien regtig raak wat jy aan die onderhelfte van jou lyf dra nie. Die boonste helfte word raakgesien en onthou.

 

 

Gina Theron,  takvoorsitter en Merida.

                      Bloes van ‘n serp gemaak

Post a comment

5 × 2 =