Alternatiewe geneesmiddels

 

Alternatiewe geneesmiddels

Posted by VLV in News, Willowmore Tak 12 Mar 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Anneke Lötter

Datum: 11 Maart 2014

 

Lede se bloeddruk word geneem deur Irene Colborne. Anneke Lötter vertel van die noodsaaklikheid van genoegsame oefening en die korrekte manier om ‘n dieet te volg.

Irene Colborne , Aletta Payne.

 

Aveline Frylinck vertel meer oor die gebruik van alternatiewe geneesmiddels soos bv. koeksoda, Engelse sout, houtskool en Stockholm teer.

KOEKSODA:

Dit kan gebruik word vir tandepasta, reukweerder, insekbyt, seer voete, griep en sooibrand.

ENGELSE  SOUT:

Dit is sout wat uit ‘n fontein in Surrey Engeland gehaal word.  Dit bevat magnesium en sulfate wat maklik deur die vel geabsorbeer kan word.

‘n Koppie vol in jou badwater sal jou laat ontspan. Vir voete wat sleg ruik, ‘n seer liggaam om in te week, om ‘n wond te ontsmet, drink dit om die kolon skoon te maak en help vir spierpyn.

GEAKTIVEERDE HOUTSKOOL:

Drink na vergiftiging of slangbyt.  Dit kan gebruik word om onsuiwer water te filter, maak ‘n pasta en smeer aan insektebyt en seerplekke. Dit kan vir tandpyn en absesse aangewend word.

STOCHOLM TEER:

Dit kan aan seerplekke gesmeer word, maar moet met aqua room gemeng word.

Anneke Lötter, Aveline Frylinck.

Post a comment

four − two =