Alpakkas, wynproe en koekversiering – alles in een dag

 

Alpakkas, wynproe en koekversiering – alles in een dag

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 09 May 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Uitstappie

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 8 Mei 2018

 

 

Wat maak die VLV-lede van Kleinmondtak as hulle ‘n uitnodiging van die Villiersdorptak kry om ‘n vergadering daar te kom bywoon? Hulle maak sommer ‘n hele dag daarvan en gaan besoek die Helderstroom Alpakkaplaas en proe Villiersdorp Kelder se lekker wyn.

 

Die alpakkastoetplaas is +10 km vanaf Villiersdorp oppad na Worcester geleë en behoort aan die Notley-egpaar. Alison Notley het die dames na die kampie geneem waar die “mums and babies” wei en interessante statistiek gegee rondom hierdie diere wat oorspronklik uit Suid-Amerika kom waar hulle op hoogtes van 15000 voet in Chile, Peru en Bolivië voorkom. ‘n Manlike dier is ‘n macho, vroulik ‘n hembra, baba ‘n cria. Alpakkas is in 2000 vir die eerste keer na Suid-Afrika ingevoer en alpakkatelers geniet sedert 2007 stamboekstatus. Die diere word een maal ‘n jaar geskeer en hierdie wolvesel is van die fynste kwaliteit, maar ook die grootste kleurvariasie van enige wolvesel op aarde. Dis amper sewe maal sterker as skaapwol. In die knus studio kon die dames later die pragtige artikels bewonder wat van die gespinde wol gemaak word. Alpakkawolvesel is sag, water- en vuurwerend en nie-allergies.

 

Alison Notley verduidelik die herkoms van die alpakkas aan die VLV-dames.

 

Binne-in die studio sit sy haar verduideliking voort en kry Lezette van Jaarsveld, Bessie van der Walt en Mireille Nel kans om die pragtige wolartikels te bewonder.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die wol word gewas, gekam en dan in die dikte draad soos verlang gespin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daarná het ‘n knetterende kaggelvuur, kniekombersies teen die koue reënweer en heerlike eetgoed by die Kelkiewyn Restaurant op die dames gewag. Daar het Carol Barrows van Villiersdorp Kelder hulle laat proe aan die kelder se reeks wit en rooi wyne, sommige met Veritas- en Michaelangelo-toekennings en die dames kon daarná ‘n bottel of twee aanskaf!

 

Lisbè Badenhorst en Marita Grobler klink ‘n glasie Villiersdorp druiwesap op die heerlike reën wat buite val.

 

Carol Barrows skink vir Annie Jooste en Anne Meershoek van die bekroonde rooiwyn

 

Hermien van Zyl, Kleinmond se taksaamroeper vir Landbou&Tuinbou oorhandig ‘n VLV-blikkie aan Carol Barrows ná haar insiggewende praatjie.

 

 

 

 

Arina du Plessis, die kosredakteur van Landbouweekblad het by die Leefstyl-vergadering van die Villiersdorpse VLV-tak opgetree en ‘n koekversieringdemonstrasie gelewer. Eksemplare van die nuwe BOEREKOS se winteruitgawe, met die klem op die Overbergse koskultuur, was ook te koop.

 

 

 

 

 

 

Arina du Plessis demonstreer die versieringstegniek van ‘n ombré-koek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Me Du Plessis het die VLV-lede geloof vir hulle bydrae tot die uitbouing en herlewing wat daar tans in boerekos is – almal wil kook soos ons ma’s gekook het.

 

 

Bydraes van Johanni Barnard(2e van links) en Judine Roux(heel regs) en Madelaine du Toit(2de van regs) het in BOEREKOS verskyn. Johlene Viljoen, voors. Villiersdorp(links).

 

 

Marita Nolte(Kleinmond) en Arina du Plessis is kennisse uit die Koue Bokkeveld.

 

 

Post a comment

five × two =