Almal verdien ‘n plekkie in die son

 

Almal verdien ‘n plekkie in die son

Posted by VLV in News, Wellington Tak 26 Oct 2018

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Openbare Sake en Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 19 Julie 2018

 

Die bestuur van Wellington Tak het gesorg vir ‘n heerlike warm oggend met mooi stories en nuttige wenke.  Twee dogters van Hugenote Hoërskool het hulle ervaringe met ‘n armoede projek met ons kom deel.  Die dogters het hieruit geleer dat hoe minder mense het, hoe meer dankbaar is hulle vir wat hulle wel het.

 

 

Karen Pietersen van Huis Andrew Murray (HAM) het ook kom kuier en 120 jaar se bestaan en feesvieringe met ons kom deel.  HAM het 150 kinders tussen die ouderdom 1 en 18 jaar.  Die kinders woon in 12 huise wat elk ‘n versorger en assistent het wat na die kinders omsien.  Die afgelope 3 jaar het daar baie veranderinge en vernuwing plaasgevind om die huis se geestelike en fisiese moraal op te lig.

 

Die dames is ‘n maklike metode gewys om witsous te maak van ‘n bêremengsel wat aan hulle voorsien is.

 

 

Post a comment

twelve − 3 =