Almal kan kwilt

 

Almal kan kwilt

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak 05 Feb 2015

Tak: Maria Stofberg

Sirkel: Worcester

Portefeulje: Leefstyl

Verslaggewer: Alta Britz

Datum: 5 Februarie 2015

 

Februarie is nie net die liefdesmaand nie, maar ook die warmste maand!  Meeste dames het rooi en wit aan, mooi rooi harte versier die vensters en rooi hartjies met ‘n toffie word aan almal uitgedeel!

 

 

maria stofberg

Die teedames het die lede afgekoel met heerlike spanspek en roomys.

 

Sumarie Pretorius vertel van haar kwilt- en laslapkursusse wat sy by haar huis in Meiringstraat 47 Worcester, aanbied. Sy is lid van die Langeberg Laslapgulde. Volgens haar kan enige persoon, wat ‘n naaimasjien het en wat reguit stik , kwilt en laslapwerk doen. Jy doen laslapwerk omdat jy mooigoed wil maak en om jou besig te hou.  Sy het haar Skatkis Lap en toebehore winkeltjie by haar huis. Sy het ‘n pragtige uitstalling van haar werk gedoen.

 

 

maria stofberg1

Sumari Pretorius met ‘n pragtige kers muurbehangsel

 

 

Die vergadering verskuif na die goed toegeruste gasvryheidsklaskamer van die De la Bat Skool vir Dowes. Coronel Louw, hoof van die gasvryheidsafdeling, vertel  met behulp van fotoskuifies, baie  entoesiasties, van die opleiding wat hul aan leer- en gehoorgestremde leerders gee.  Na hul opleiding van 3 jaar word baie van hulle as chefs by restaurante in diens geneem.

 

 

Amahle Jemane, 100% gehoorgestremd, het met die hulp van ‘n tolk, Evert Burger,   die storie van die Baba met die honger wurm, voël en krokodil, vertel.  Evert is gedeeltelik gehoorgestremd en is ‘n onderwyser by De la Batskool.

 

 

maria stofberg2

Amahle Jemane, en die tolk, Evert Burger

 

 

maria stofberg3

Bettie Swanepoel, Sameroeper, Hettie Stander, Voorsitter en Coronel Louw

 

Sella Swart, erelid het  aan 6 lede Jaarkentekens aan lede oorhandig.

 

 

maria stofberg4

Agter v.l.nr:  Jacoba du Plessis (25jr), Sella Swart, Daphne Auret (10jr)

Voor vlnr:  Mimmie Burger (60jr), Hettie Stander (5jr), Magriet van der Merwe (5jr) en Nellie Crafford (5jr)

 

Post a comment

eighteen − eleven =