Alles wat glinster is nie goud nie!

 

Alles wat glinster is nie goud nie!

Posted by VLV in News, Porterville Tak 10 Feb 2017

 

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Kunste & Handvlyt

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@telkomsa.net

Datum:  9 Februarie 2017

 

Monique Nienaber, plaaslike goudsmid verduidelik dat dit haar taak is om juweliersware te skep uit ‘n rou produk.  Die karaat wat gegraveer word op juweliersware dui aan hoeveel dele (uit 24),uit goud bestaan.  Die res is ‘n mengsel van koper en silwer.  Goud word gesmelt tot ‘n plat plaat en dan gesny in die patroon wat verlang word.  Wanneer ‘n diamantring gemaak word, word dit in ‘n geboorde gat geset met goud rondom.  Sy bied klasse aan, herstel en herontwerp juwele.  Vir ‘n waardasie van juwele verwag die versekering gespesialiseerde inligting soos gewig, samestelling ens. en dit is belangrik om dit jaarliks te laat doen.

 

Joey Koen, Saamroeper Kunste & Handvlyt en Monique Nienaber, spreker by haar juwele uitstalling.

 

Wanneer iemand goue juweliersware wil verkoop, word net die goudwaarde uitbetaal, ongeag watter stene in die juweliersware is.  Om dit in ‘n ander vorm te ontwerp word arbeid ingereken en die koste is dan twee maal meer as die verkoopwaarde.  Dit is veiliger om goudartikels aan ‘n goudsmid te verkoop, want straatkopers bied R200 per gram aan en R100 per gram as die juweliersware stukkend is, terwyl dit R250 per gram werd is, ongeag of dit gebreek is of nie.

 

Die veiligste is om dit op ‘n veiling te verkoop, want dan kan ‘n reserweprys daarop geplaas word.  Om te  bepaal watter karaat ‘n ring is word dit  op ‘n spesiale plaatjie gevryf.  Die goudstreep wat gevorm word, word met drie verskillende suurdruppels getoets om te bepaal of dit 9, 18 of 24 karaat is.  Daar word ook van ‘n diamanttoetser gebruik gemaak om te bepaal of ‘n diamant eg is.

 

 

 

 

 

 

Monique demonstreer hoe die streep op die plaatjie getrek word om die karaat te toets.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die maak van juweliersware is ‘n antieke kunsvorm, maar groei vinnig met baie nuwe tegnieke.  ‘n Goudsmid ontwerp ‘n produk uniek, terwyl juwelierswinkels masjienvervaardigde produkte verkoop wat met rekenaarontwerpe gedoen word en is op massaproduksie gefokus.

 

Die nuutste tegnologie is om dierverwante juwele te maak van ‘n foto af.  Juwele kan ook in ‘n skeppingsraamvorm monteer word wat as versiering teen ‘n muur gebruik kan word en terselfdertyd kan dit  uitgehaal word, gedra word en weer teruggeplaas word.

 

Sekuriteit is baie belangrik omdat die voorraad van ‘n goudsmid baie waardevol is.  Die voorraad is verseker, maar nie die juwele van kliënte nie, omdat dit te duur is.  Kliënte moet dus self reëlings daarvoor tref met hul verskeringsmaatskappy.

 

 

Die Tak het 5 nuwe lede bygekry:  Doretha Zandberg, Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter), Debbie Blaber, Gina de Beer, Estelle Kayzer, Monique Nienaber

Post a comment

five × three =