Alkoholisme

 

Alkoholisme

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 10 Sep 2014

Sirkel: Noord Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Portefeulje: Gesondheid
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 10 September 2014

 

 

Met lente in die lug was die Dordrecht dames omtrent opgewonde om bymekaar te kom en die maand se gebeure te bespreek. Groot planne is gemaak vir die twee VLV gebeurtenisse wat op die VLV Kalender is. Lede van die publiek kan op die uitkyk wees vir ons VLV NOK stalletjie by die 2014 Buffelfees. Die VLV Dordrecht se Kersmark gehou gaan word op Vrydag, 7 November 2014, te Dordrecht NG Kerksaal van 10vm tot 4nm en nie 27 November soos voorheen verkeerdelik berig is nie. Die toegangs-kaartjies kos R20 per persoon en sluit ‘n stukkie melktert, kolwyntjie en ‘n koppie tee of koffie in.

 

 

September is gesondheids maand en Lenie Fourie het die dames kom toespreek as die vrou van ‘n alkoholis. Toe Lenie en Danie Fourie besluit het om te trou, moes Lenie vir haarself besluit of sy na die stories van ander mense gaan luister of gaan sy Danie se liefde onvoorwaardelik aanvaar. Lenie het besluit dat sy baie lief is vir Danie en kans sien om die pad vorentoe saam met hom te stap. Hulle is nou al 15 jaar gelukkig getroud. Lenie vertel hoe sy eenkeer vir Danie hoesstroop gekoop het, omdat hy erg verkoue was. Lenie het nie gelet op die alkohol inhoud van die hoesstroop nie en gevolglik het Danie net sieker geword. Lenie besef toe dat dit as gevolg van die hoȅ alkohol inhoud van die hoesstroop was. Danie het siek geword as hy enige vorm van alkohol inneem want sy lyf het dit verwerp.

 

 

Lenie moes ook leer dat as hulle genooi word vir ‘n ete, sy die gasvrou moes vra of daar enigsins alkohol in die geregte of nagereg was en dat hulle ook nie n drankie saam met ete sou kon neem nie.  Danie was ook nie meer so sosiaal soos voorheen nie, want met byvoorbeeld ‘n braai sou sy vriende  ‘n bier of ‘n glasie wyn geniet en Danie wou nie meer sulke sosiale geleenthede bywoon nie. Lenie en Danie het moeilik nuwe vriende gemaak en hulle het agtergekom dat mense Danie nog steeds veroordeel of sleg van hom praat.

 

 

Lenie het ook mettertyd besef dat daar tye was wat die dag baie moeilik vir Danie was en dat hy dan soms goed omgesukkel was. Lenie moes aan maniere dink om Danie se aandag af te lei, want sy lyf het na alkohol gesmag. Lenie het dan voorstelle gemaak soos om na die vee in die boonste kamp te gaan kyk of dalk te gaan stap. As Lenie en Danie na ‘n funksie sou gaan, sorg Danie dat hy altyd sy eie blikkie koeldrank saamvat uit vrees dat iemand dalk alkohol in sy koeldrank sou gooi.

 

In die Fourie huisgesin hou hulle ook alkohol in die huis aan, want Lenie voel dat Danie nie bang vir alkohol moet wees nie. Hy moet dit kan sien en weet dat hy self kies om dit nie te drink nie. Lenie en Danie glo ook dat wat Danie se redding was, was dat hy gereeld geȅet het. As ‘n diabeet moet hy ses klein etes ‘n dag nuttig. As gevolg van die eetgewoonte, het dit gehelp dat die alkohol nie sy lewer aantas nie.

 

 

Die VLV dames is baie dankbaar teenoor Lenie se eerlike en openhartige gesprek en is Dordrecht VLV trots op Lenie wat so ‘n goeie voorbeeld van ‘n liefdevolle en ondersteunende huweliksmaat is.

 

dordrecht

Post a comment

4 × one =