Algemene Veiligheid

 

Algemene Veiligheid

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak 04 Jun 2015

Sirkel: Worcester

Tak:  Maria Stofberg

Portefeulje:  Openbare Sake

Datum:  4 Junie 2015

Beriggewer:  Alta Britz

 

 

brandweer 010

Hettie Stander, voorsitter, saam met Mariëtte Davids en Jacoba du Plessis

 

 

Die vergadering word gehou by Worcester Brandweerstasie.  Mariëtte Davids, veiligheidsbeampte van die Brandweer, lig die lede in oor  algemene veiligheid in die huis, bv. :  Bly in die kombuis terwyl jy besig is om kos te maak! Maak seker dat die handvatsels van kastrolle nie oor die rand van die stoof steek nie. Afdroogdoeke en vatlappe moet nie naby die stoof gebêre word nie. Leer kinders om nie kragproppe te verwyder terwyl die krag aangeskakel is nie; Moenie kragproppe oorlaai nie.  Maak gereeld seker dat  gastoestelle in werkende toestand is.  Moet dit  nooit toets terwyl die vlam brand nie. Plaas kerse in ‘n houer met sand. Maak seker dat alle kerse en kaggels  dood is voordat jy gaan slaap.

 

 

brandweer 003

Mev Elsa Jordaan en Jennifer Heatlie.

 

 

Mev Elsa Jordaan, lid van die Burgemeesterskomitee en portefeuljehouer van Brandweer en Rampbestuur het die tak besoek en namens die Raad, dank oorgedra vir die tak se betrokkenheid by die gemeenskap. Worcester is een van die eerste munisipaliteite wat besig is om rookalarms te installeer en inwoners veiligheidsbewustheid  te leer.

 

 

As deel van die Sirkel se winterprojek het lede  31 pare handskoentjies, 28 serpe, en  4 musse vir die kinders van die El-Shammah Kibbutz se kleuterskool  geskenk.  Nàtalie, hoof van die kleuterskool, en 9 van die kindertjies het ‘n paar sangitems gelewer.  Erena van de Venter het in 1983 as Maatskaplike Werker die gevolge van bendegeweld in Roodewal raak gesien.  Met hulp het sy die Kibbutz tot stand gebring.  El-Shammah beteken God se teenwoordigheid.  Verskillende projekte word daar aangebied bv. kleuterskool, kunsklasse, nasorg vir kinders en volwassenes, die plant van groente ens.

 

 

brandweer 004

Natàlie, saam met van die kindertjies en al die serpe en handskoentjies.

 

Post a comment

16 + 18 =