Aktiveer jou goedvoelhormone

 

Aktiveer jou goedvoelhormone

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 26 Apr 2018

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 24 April 2018

 

‘n Besige Dinsdag vir die dames van Voëlvlei was dit beslis.  Die dag is afgeskop met koffie en beskuit voordat ons in die pad val om aan die Internasionale dag “Women Walk the World” mee te maak.

 

 Stappers

 

Een van die vele staproetes op die mooie Gouritsmond word aangepak en terselfdertyd word rommel langs die voetpaadjie opgetel.  Die dames maak ‘n draai langs die Gouritsrivier waar ‘n siek Sterretjie opgetel is en die mense van S.M.A.R.T. gekontak is om hom te kom haal.

 

Stappers langs rivier

 

Die staptog eindig in Rivierstraat waar ons kuier, gesels en piekniek hou aan huis van een van ons lede.

 

Na die gekekkel begin ons vergadering met interressante bydraes deur Rika de Villiers wat die maak van palmiers demonstreer en ook wenke gee oor die bak daarvan.

 

 

 

 

 

 

 

 

Rika de Villiers wat palmiers demonstreer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Linzetta Smit wys “twiddle muffs”, iets soos ‘n armkous, wat vir pasiënte wat met Alzheimers gediagnoseer is, gemaak kan word. Reeva Pienaar lewer ‘n kort insetsel oor die lewe van Eduard Greylling wat bekend is vir sy ongelooflike bydrae tot ballet in Suid-Afrika.

 

 Linzetta Smit met die “Twiddle Muff” aan haar arm

 

Daarna luister ons na ‘n interressante praatjie deur Annalize Gildenhuys, ‘n fisioterapeut van Groot Brakrivier.

 

Om jouself te bevry van negatiewe denke vra vir ‘n kopskuif.  Dit beteken dat jy ‘n wilsbesluit moet neem om jou negatiewe denke en emosies af te lê sodat ander dele van die brein aangeskakel kan word om sekere goedvoelhormone te aktiveer, nl: endorfien, dopamine, serotonien en oksitosien.

 

Die streshormone is kortisol wat adrenalien aktiveer.  Dit is nodig in die liggaam in veg- of vlug- situasies, maar as dit deurentyd aanwesig is, maak dit ons siek en veroorsaak angs, spanning en paniek.

 

Neurowetenskaplike toetse deur funksionele MRI-skanderings en die meting van goedvoelhormone het bewys dat die brein se werking ‘aangeskakel’ word in dié dele wat die goedvoelhormone afskei wanneer mense aan positiewe dinge dink.

 

‘n Interessante feit wat aan die lig gekom het deur dié toetse, is dat die brein ‘n vensterperiode van 24 tot 48 uur het om gedagtes positief te rig en ‘n patroon te vorm.   Daarna word dit sterker oor ‘n periode van 21 dae om die negatiewe gedagtes af te breek.

 

Al hierdie dinge verg egter oefening.   Alex Korb, neurowetenskaplike, het deur studies en navorsing die volgende 4 sleutels gegee om die opwaartse spiraal vir positiwiteit te ontsluit en jou brein te herbedraad:

1. Dankbaarheid
2. Identifikasie van jou negatiewe gevoelens.
3. Die positiewe besluitneming om te ‘herbedraad’.
4. Aanraking.  Dit is belangrik om mense aan te raak, en om liefde en aanvaarding te ervaar deur ander se aanraking.  Studies het bewys dat mense wat alleen is, baat vind deur die aanraking van troeteldiere.

 

Al hierdie wetenskaplike feite oor die brein is reeds in die Bybel vervat.  In Filippense 4:8 word ons gemaan om te waak oor ons gedagtes, en te kies om ons gedagtes te rig op wat mooi, reg, edel, rein, lief, prysenswaardig en positief is!

 

Dr Rudi Buys skryf in sy boekie, Oorwin die reuse van vrees, stres, angs & siekte, dat ons dit sal kan regkry deur die 5 P’s te onthou.

1. Protector –  God is our protector
2. Provider  –  God is our provider
3. Property  –  I am God’s property
4. Peace      –  God is my peace
5. Purpose  –  God has purpose for my life

 

Links Ada Gericke, Gesondheid Sameroeper en Annelize Gildenhuys

 

 

 

 

 

 

Larian Marx

 

 

 

 

Lirian Marx, ‘n Brasiliaan getroud met ‘n Suid-Afrikaner, het met haar “belly dans” die dames se monde laat oophang en laat giggel toe hulle haar bewegings moes namaak.  Daardeur is baie goedvoelhormone geaktiveer!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die twee beoordelaars het hul hande, of liewers kieste!, vol gehad met die beoordeling van frikadelle en truffels.

 

 

Post a comment

eleven − 5 =