Aktiewe veroudering

 

Aktiewe veroudering

Posted by VLV in Heidelberg Tak, News 02 Aug 2017

 

Sirkel: SWD

Tak: Heidelberg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer: Driekie Uys

Datum: 1 Augustus 2017

 

 

Arbeidsterapeut, Susan Vermaak, kom lig die dames in oor hoe om aktiwiteite te gebruik om aan te pas by die veroudering van die liggaam,  veral in die ouderdomsgroep 60 tot 75 jaar.

 

Suksesvolle veroudering is ‘n proses om geleenthede aan te gryp om aftakeling van die liggaam te vertraag.

 

Gesonde leefstyl en eetgewoontes asook gereelde oefening kan die aanpassing om byvoorbeeld na ‘n kleiner woning te verhuis of om ouma te word, asook  veroudering,  vergemaklik.

 

 

 

Wenke: Wees produktief deur ‘n goeie stokperdjie te beoefen

Aanvaar wat jy bereik het

Bou goeie menseverhoudings

Kyk watter nuwe geleenthede daar is

 

Fisiese oefening se voordele : versterk bene, veral beendigtheid,  vertraag hartsiektes, hoë bloeddruk, bou stamina en spierkrag,  simptome van angstigheid word verlaag.

 

Voorbeelde: Kragoefeninge ; Balansoefeninge en Strekoefeninge

Flink stap vir 10 minute x3 per dag x 5; Ballroom dancing, lyndans; Gereelde trappe klim

 

Chair aerobics:

Sit op stoel en strek bene, voete, arms

Trap denkbeeldig fiets op die stoel

As stoel armleuning het, druk op armleuning en lig boude van sitplek

Staan agter stoel en doen balanseeroefeninge deur hakke te lig van grond en links te kyk en regs te kyk en een hand van reling af te haal en dan ander een.

Agter stoel: balanseer deur linker hak op te lig na regterbeenkuit en dieselfde as vorige oefening te doen

Op stoel: oorkruisoefening: lig regterbeen en linkerarm, laat sak en doen met linkerbeen en regterarm, doen dit vinniger

Op stoel: gebruik gewiggies(blikkies kos) en doen armoefeninge, langs sye optel tot skouerhoogte, voor vanaf knie tot skouerhoogte. Kan die gewigte vermeerder

Strekoefeninge: staan agter stoel en doen squads deur af te gaan op regterknie terwyl linkerbeen skuins reguit gehou word. Hou vas aan die stoel. Herhaal met ander been.

 

Kognitiewe oefeninge en stimulasie is noodsaaklik om agteruitgang te verminder. Aktiwiteite waar jy verstandelik uitgedaag word, sluit blokkiesraaisels, suduko, koerantlees en boeklees in en nie televisie kyk nie. Sosiale interaksie stimuleer kognitiewe ontwikkeling. Sosiale deelname verhoed dat jy vereensaam. Deelname verbeter jou kwaliteit van lewe, want jy voel lekker, ervaar tevredenheid en is produktief.

 

Aktiewe veroudering is ‘n besluit wat jy in jou kop maak om die beste van elke geleentheid te maak.

 

Maretha is Susan se ma, Joy Wessels is Susan se ouma, albei VLV-lede.

 

 

 

 

 

 

Mei Heyns was die sameroeper van die middag, saam met Susan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oefeninge soos deur die lede gedoen is, links: Lenie Zietsman, middel Jeanne Hewland.

 

 

 

Post a comment

20 + eighteen =